TV Plus (Afrikaans)

Sonder rigting

Danny bevraagtek­en sy loopbaan as paramediku­s.

-

“Wat ongelukke betref, was die een wat Danny onlangs gesien het, beslis die ergste,” sê die akteur Bradley Olivier oor sy karakter se onlangse ervaring. ’n Jong meisie het baie seergekry tydens ’n botsing (nie op die skerm nie) en is tans in ’n koma in die Binneland-kliniek. Die ongeluk spook by Danny en hy sien nie meer kans om ’n paramediku­s te wees nie; dis net te traumaties.

“Danny oorreed sy vriend Louis (Germandt Geldenhuys) om saam met hom Danny se droombesig­heid te begin: ’n food truck. Danny sien sommer hoe hy gaan toer en kos verkoop en dit spoor hom aan om eerder die koswêreld te betree as om langer te werk in ’n beroep waar hy mense net sien seerkry,” sê Bradley. Maar Danny se vriendin dr. Zee (Mila Guy) dink Danny maak ’n fout. Sy glo in sy wese is hy ’n paramediku­s wat mense wil help – Danny moet net daaraan herinner word.

ZEE IS NIE TEN GUNSTE NIE

Die koswa-idee kry momentum en Danny verduideli­k aan Zee hoe opgewonde hy is om saam met Louis te werk. Hy en Louis gaan die koswa koppel aan Louis se kuierplek Doepa, en dit ’n Doepakoswa te maak. Zee is nie juis ondersteun­end nie wat aan Danny krap. “Danny raak kwaad vir Zee omdat hy voel sy is nie ’n ware vriendin wat gelukkig kan wees vir hom omdat hy iets nuuts gevind het wat vir hom geluk bring nie,” sê Bradley. “Danny sien glad nie Zee probeer hom laat besef hy hoort in ’n ambulans as ’n paramediku­s en hy moet met sy trauma deal nie. Maar omdat hy nie lus is vir haar negatiwite­it nie, stoot hy haar eerder weg.”

VERGEET VAN DIE PYN

Om van die trauma te vergeet gaan jol Danny gewoonlik saans sy sorge weg, en dit bekommer Zee. Louis let ook op Danny is nie gefokus nie, maar wanneer Louis hom daaroor pols, verseker Danny Louis hy is toegewyd aan die koswa. Intussen probeer Zee Danny oorreed om te praat oor sy trauma en die meisie wat beseer is, maar Danny bly toeklap.

Moedeloos besluit Zee sy gaan haarself eerder aan Danny onttrek. En Louis het sommer vinnig hulp gekry van Joline (Rika Niewoudt) – sy vrou,

Naomi (Je-ani Swiegelaar), se niggie: Die dokumente is onderteken vir die koswa en ook sommer vir die plek waar die wa gebêre kan word. “Danny is oorbluf oor hoe vinnig Joline dinge kon reël en is baie beïndruk,” sê Bradley.

’N REALITEIT

Danny en Joline bewonder die koswa wanneer hulle die sleutels kry en vir die eerste keer sink die werklikhei­d van ’n nuwe loopbaan by Danny in.

Joline, wat heimlik verlief is op Danny, koester die oomblik. “Joline is Danny se grootste ondersteun­er met die food

truck,” erken Bradley. “Maar Danny het geen idee van haar gevoelens nie.”

ZEE WEN DANNY SE VERTROUE

Later sien Zee hoe Danny by die meisie wat in ’n koma is, se kamer insluip om by haar te kuier. Danny se gedrag gee weer vir Zee ’n sprankie hoop dat Danny wel sal besef sy hart lê in gesondheid­sorg.

Kort daarna betrap Zee vir Danny weer in die meisie se kamer en pleks van hom die leviete voorlees, maak Zee asof daar niks fout is nie. “Danny skrik,” sê Bradley.

“Hy het dit nie verwag nie. Hy is bang Zee gaan hom aan die hospitaal rapporteer. Maar die manier hoe Zee dit hanteer, gee hom vertroue in Zee en vir die eerste keer vertel hy haar hy voel hy het sy edge as paramediku­s verloor.”

HOOP EN TRANE

Later vra Joline Danny op ’n afspraak uit en erken haar ware gevoelens aan hom. “Dit is swaar vir Danny, maar hy moet die waarheid praat en sê hy voel nie dieselfde nie,” sê Bradley. “Gelukkig aanvaar Joline dit sonder enige kwade gevoelens.”

Kort daarna hoor Danny die meisie het uit haar koma ontwaak. “Danny is skoon verlig en trane van blydskap loop oor sy wange,” sê Bradley. “Sy gaan lewe en Danny het gehelp om dit te laat gebeur.” Nou hoop ons dit sal weer sy liefde vir sy werk as paramediku­s aanwakker.

 ?? ?? Zee (regs, inlas) probeer Danny (hooffoto) oortuig dat hy in sy hart ’n paramediku­s is.
Zee (regs, inlas) probeer Danny (hooffoto) oortuig dat hy in sy hart ’n paramediku­s is.
 ?? ?? Danny (links) is dankbaar vir Joline (regs) se hulp met die koswa.
Danny (links) is dankbaar vir Joline (regs) se hulp met die koswa.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa