TV Plus (Afrikaans)

’n Terugslag

Kaashifa en Rhafiek staan op trou, maar sy ooreis haarself en word flou.

-

Dit gaan swaar met Kaashifa (Jawaahier Petersen) ná haar dubbele mastektomi­e. Sy moet rus en krag opbou vir haar komende chemoterap­ie vir borskanker, maar dis juis die stilsit wat haar ontmoedig. “Sodra sy sit en niks doen nie, begin sy dinge oordink en dan tref dit haar hoe traumaties haar ervaring is,” sê Jawaahier. “Kaashifa wil juis dít vermy en daarom wil sy besig bly, net om te vergeet van die groot K (kanker), en die impak wat dit op hul lewe het.”

Met die gesukkel om haar gedagtes stil te kry, ooreis Kaashifa haarself. En al besluit sy en haar verloofde, Rhafiek (Irshaad Ally), op ’n troudatum wat net om die draai is, lyk die kans skraal of Kaashi dit tot voor die kansel gaan maak.

DIS NIE JOU LOT

Kaashifa word skoon siek van al die gewerskaf by haar ondernemin­g die Oos-Wes-restaurant en erken een aand aan Rhafiek sy oordoen dinge. Maar dit beteken nie sy raak rustiger nie.

Haar emosies is ook heeltemal deurmekaar en dit breek Rhafiek se hart wanneer hy sien sy kyk na foto’s van haar ma wat aan kanker oorlede is terwyl die trane oor sy geliefde se wange rol. “Rhafiek is bang Kaashifa dink haar ma se lot gaan ook hare wees,” sê

Irshaad. “Rhafiek dink dit maak haar net meer en meer depressief. Sy moet positief bly en die glas as halfvol sien. Dis ook nie vir hom lekker om te sien hoe hartseer die liefde van sy lewe is nie.”

GOUER AS LATER

Intussen probeer Rhafiek dink hoe hy die hartseer en pyn wat hul lewe oorneem, kan keer. Hy wil Kaashifa in liefde toevou en bly maak, en al hoe hy kan dink om dit te doen, is om seker te maak hulle trou – so gou moontlik.

Kaashi sien eers nie kans vir ’n troue nie, maar verander gou van plan. “Kaashifa stem in om vroeër te trou, want sy besef dit is die een ding wat haar gelukkig sal maak. Sy het Rhafiek lief, en wil die res van haar lewe – maak nie saak hoe kort of lank dit is nie – saam met hom deurbring,” sê Jawaahier.

Die Samsodiens is nie so geesdrifti­g wanneer Kaashifa en Rhafiek aankondig hulle trou binnekort nie. Mymoena ( Jill Levenberg) is bekommerd hoe dit Kaashifa se gesondheid gaan raak, maar haar man AB (Cedwyn Joel) kan hul punt insien: Die kinders het afleiding nodig van die kanker en die troue gaan hulle gelukkig maak.

VERMINK?

Met die troureëlin­gs weer op dreef, is daar ander dinge wat aan Kaashi krap. “Kaashifa voel selfbewus oor haar lyf ná haar mastektomi­e en voel asof almal dalk na haar gaan staar en haar gaan jammer kry. Op ’n manier voel sy vermink,” sê Jawaahier. Maar haar onsekerhei­d oor of Rhafiek haar nog aantreklik vind en wat ander mense van haar gaan dink, verdwyn wanneer sy hoor van die groot opoffering wat Rhafiek gemaak het: Rhafiek het sy kontrak met ’n Amerikaans­e maatskappy om Kaapse toere vir hul kliënte te gee, gekanselle­er. “Rhafiek besef al sy aandag moet by Kaashifa wees,” sê Irshaad. “As hy nie sy Amerikaans­e kontrak kanselleer nie, sal hy in elk geval nie aan hulle gehaltedie­ns kan lewer nie,” verduideli­k hy.

TE VEEL TE VINNIG

Kaashifa se gesondheid versleg en wanneer sy dokter toe gaan, bevestig hy sy het ’n infeksie opgedoen. “Die infeksie is ’n newe-effek ná die operasie, maar Kaashifa is bang as sy swak of siekerig lyk, gaan dit die opgewonden­heid rondom die troue demp,” verklap Jawaahier.

Op die dag voor die troue kom Mymoena en haar dogter, Bianca (Simone Biscombe), af op Kaashi wat op die kombuisvlo­er in hul huis flou geword het . . . Gaan Kaashifa oukei wees? Gaan die trouklokke lui? Lees meer daaroor in ons volgende uitgawe van 8 September vir die eksklusiew­e storie.

 ?? ?? Kaashifa en Rhafiek het groot nuus vir hul familie, maar die familie is nie so bly daaroor nie. Rhafiek besef al sy aandag moet by Kaashifa wees.
Kaashifa en Rhafiek het groot nuus vir hul familie, maar die familie is nie so bly daaroor nie. Rhafiek besef al sy aandag moet by Kaashifa wees.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa