TV Plus (Afrikaans)

Bo jou vuurmaakpl­ek

Wade is in die sop en Nazeem help hom graag uit.

-

Wade (Dean John Smith) se lewe is tans chaoties. Swak besluite het hom in ’n ernstige geldknyp gedompel, en sonder die hulp van sy vriende en geliefdes – wat hy deur sy optrede vervreem het – lyk dit asof hy homself nie uit sy penarie kan red nie. Dit beteken Wade gaan iets wanhopigs moet doen – en hy is desperaat genoeg om hulp van Suidooster se duiwel Nazeem (Irvine van der Merwe) te aanvaar.

DIE WORTEL VAN DIE KWAAD

Wade het intussen besef sy meisie, Angie (Char Cherrie), is een van die redes hoekom hy in die gemors beland het en al probeer sy toenaderin­g soek, wil Wade niks meer van haar weet nie. “Wade besef Angie is die wortel van al die kwaad,” sê Dean. “Ja, hy moet ook verantwoor­delikheid aanvaar vir dom besluite, maar Angie het hom gemanipule­er en boonop ’n wig tussen hom en sy naastes ingedryf. Sy is nie goed vir hom nie, en die aaklige penarie waarin hy homself bevind, is weens die ongeloofli­ke druk wat sy op hom geplaas het om hul beste lewe te leef – wat ver bo hul vuurmaakpl­ek is.”

Intussen probeer Wade alles om sy geldproble­me op te los, en wil uit sy huurkontra­k kom van die luukse woonstel waarin hy en Angie bly. Maar dis makliker gesê as gedaan.

VERKOOP JOU SIEL

Dan kom fluister Nazeem, by wie Wade geld geleen het, in Wade se oor. “Hy vra Wade om ’n aflewering­swerkie te doen – om gesteelde goedere te karwei. In ruil daarvoor sal Nazeem die grootste gedeelte van die geld wat Wade hom skuld, afskryf,” verduideli­k Dean. Wade is baie huiwerig om die werk te aanvaar, maar hy het eintlik nie ’n keuse nie. “Hy’s besig om te verdrink en Nazeem se greep op hom raak net erger – al moet hy nou sy siel aan die duiwel verkoop om uit sy geldgat te kom.”

’N AANLOKLIKE AANBOD

Wade se eerste aflewering verloop glad, maar dit beteken nie sy probleme is iets van die verlede nie, want hy sukkel steeds om ’n vaste werk te kry. “Wade en sy vriend Justin (Eden Classen) het hul vennootska­p in die besigheid SoundBar verbreek [vroeër in Augustus], want daar was net te veel spanning tussen hulle – wat ook deur Angie aangehits is,” sê Dean.

Wade begin uiteindeli­k as ’n skoonmaker by die Oos-Wes-restaurant werk. Nazeem sien die geleenthei­d om sy kloue dieper in Wade te slaan en maak weer aan Wade ’n aanloklike aanbod wat vir Wade ’n vaste inkomste sal verseker. Wat dit behels, mag ons nie verklap nie – maar onthou, Nazeem was al by dwelmhande­l betrokke . . .

VERLEDE KEER

Kaashifa het uiteindeli­k vir Rhafiek vertel sy het borskanker, Elana het gesukkel om aan te pas nadat sy Maggie-hulle gegroet het, en Bridgette was bekommerd oor Mrs J. se oorsese vakansie.

IN DIÉ UITGAWE

Wade plaas druk op Danni en Zoe om hom uit sy huurkontra­k te kry, Bridgette het nie tyd vir Tim nie, en Kaashifa moet haarself motiveer om die lewe vierkantig in die oë te kyk. ’n Raadop Rhafiek voel dis tyd vir ’n groot gebaar, Tim se geduld word tot die uiterste beproef, en Siya maak ’n skokontdek­king. Wade kom by ’n kruispad, Rhafiek is skoonveld en niemand weet hoekom nie, en Danni doen iets moois vir haar vriend. Tim besluit tot hiertoe en nie verder nie, Rhafiek en Kaashifa verras almal, maar kry nie die reaksie waarop hulle gehoop het nie, en

Wade sukkel met werk en kry dan ’n kans wat hy met albei hande aangryp. Wade bereik ’n laagtepunt, Kaashifa voel selfbewus oor haar omstandigh­ede, en Tim beleef ’n profession­ele terugslag. Zoe vat Bridgette vas oor Tim, Wade besluit om sy kar te verkoop, en Mrs J. wil na ’n ouetehuis toe gaan. Wade is geesdrifti­g oor sy nuwe werk, Zoe is trots op Tim se voorleggin­g, en Kaashifa is bekommerd oor haar gesondheid, maar steek dit weg vir die Samsodiens. Wade begin die vrugte van sy werk pluk, Bridgette moet ’n moeilike keuse maak, en Kaashifa is in pyn en koorsig, maar wys dit nie. Die Samsodiens het ’n dag vol verrassing­s, Tim kry groot nuus, en Wade het goeie bedoelinge, maar sy besluite maak hom ongewild by sy naastes. Kaashifa vang Rhafiek en die hele Ruiterbosc­h onkant wanneer sy aansienlik beter voel, en Nazeem span sy web ál stywer om sy nuwe handlanger. • Lees meer op ble. 10-11.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa