TV Plus (Afrikaans)

Geteister deur trolle

Shady se groot wen in ’n skoonheids­kompetisie is nie sonder drama nie wanneer trolle aanlyn haar waardeloos wil laat voel.

-

Dit was ’n moeilike besluit vir Shady (Beáta Bena Green) om vir die Mej. Goue Stad-skoonheids­kompetisie in te skryf. “Sy het nog altyd met selfvertro­ue gesukkel, en toe sy na Hillside kom, het sy oor begin. Sy het ’n tweede kans op ’n normale lewe gekry met haar verlede wat in haar tuisdorp agtergebly het. Dit was haar tyd om weg te kom van die skoolboeli­es in Port Elizabeth,” verduideli­k die aktrise. Maar Shady se probleme het haar nie net na 7de Laan gevolg nie – hulle het vermeerder weens trolle aanlyn tydens die skoonheids­kompetisie!

KYK HOE LYK SY

Shady se trolle plaas aaklige kommentaar aanlyn tydens die kompetisie. Die dreigement­e stel haar nie in gevaar nie, maar die woorde is gemeen en wreed. “Sy neem ter wille van haarself aan die kompetisie deel en dié trolle se kommentaar is ‘sy’s te maer’, ‘sy’s nie mooi genoeg nie’, dit, dat en wat nog. Shady lyk selfversek­erd en vreesloos, maar dis ’n front.” Beáta verduideli­k haar karakter is deur die mense wat haar die meeste liefhet en ondersteun aangespoor om in te skryf, maar sy het nooit gedink sy sou wen nie. Die trolle het ’n sensitiewe plek aangeraak. “Sy gaan deur iets traumaties, sy veg heldhaftig terug en hoewel sy nie die trolle gaan laat wen nie, twyfel sy oor hoe ver sy gekom het,” sê die aktrise oor haar karakter wat aan die skoonheids­kompetisie deelneem om te voel sy het genoeg selfvertro­ue en selfliefde.

DIE GROENOOGMO­NSTER

Beáta verstaan wat haar karakter ervaar (lees meer langsaan), maar Shady het nooit kon dink haar verlede gaan haar kom teister tydens die kompetisie nie. “Sy was geskok toe sy by die geleenthei­d kom, want die meisie wat haar op skool geboelie het, was ook daar – Samantha Stoffels (gespeel deur Beáta se werklike suster Tshidi, wat saam met Beáta aan skoonheids­kompetisie­s deelgeneem het toe hulle jonger was). “Sam was Shady se hoofmededi­nger en Shady moes twee keer kyk toe sy Samantha sien. Dis asof sy een tree vorentoe gee in die lewe, dan drie treë teruggedwi­ng word. Dis nie regverdig nie,” voeg Beáta by.

SINK OF SWEM

Hoewel Shady stres verduur weens die trolle se gemene kommentaar, doen sy haar bes om die mas op te kom op die enigste manier wat sy ken. “Sy krop dit alles op. Sy voel in werklikhei­d verleë oor die situasie en wil nie die aandag na haar óf die trolle trek nie,” verduideli­k Beáta. Die probleem is daardie soort stres en seer bou op, sê die aktrise. “Sy’s soos ’n drukkoker, sy hou aan kook, maar blaas nie stoom af nie. ” En hoewel Shady weet sy is nie perfek nie, gaan sy ’n standpunt inneem. “Die trolle gaan haar emosioneel seermaak, maar sy is deur so baie, ek dink sy gaan sterker aan die ander kant uitkom. Ek dink nie sy gaan op die lang duur verslaan word nie,” sê Beáta, en sê aan die kykers “trolle is nie gawe mense nie. Indien jy voel jy word aangeval, praat, en kry hulp!”

 ?? ?? Vir al die positiewe boodskappe (eerste twee), is daar een trol (onder) wat Shady aanval.
Vir al die positiewe boodskappe (eerste twee), is daar een trol (onder) wat Shady aanval.
 ?? ?? Shady (links) ding mee teen haar hoêrskoolb­oelie Samantha (regs, gespeel deur Beata se werklike suster Tshidi).
Shady (links) ding mee teen haar hoêrskoolb­oelie Samantha (regs, gespeel deur Beata se werklike suster Tshidi).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa