TV Plus (Afrikaans)

’n Bittersoet vaarwel

Debra en Ingrid groet Arendsvlei, en Kay en Rehane vertel meer.

-

Dit was omtrent ‘n stryd om by die waarheid uit te kom oor al die misdade wat Ingrid van Schalkwyk (Rehane Abrahams) in haar lewe gepleeg het. En Ingrid gaan nie tjoekie toe vir die vier moorde wat sy gepleeg het nie (lees meer in die kassie langsaan oor die moorde en haar bose dade). “Sy gaan bedwelm en getem in ’n inrigting vir geestesver­steurdes opgeneem word – ’n nagmerrie wat sy nie gesien kom het nie,” verklap Rehane.

En noudat al Ingrid se grudade geopenbaar is, voel haar dogter Debra

Mortlock (Kay Smith), sy kan nie langer in Arendslvei bly nie. Sy wil eerder oorsee gaan woon in Parys, Frankryk, saam met haar beste vriendin Sam (Maria de Valente de Almeida), waar niemand haar met haar bose ma assosieer nie.

En net so gaan Ingrid en Debra uit die storie! Geregtighe­id het geseëvier ná al die jare van pyn aan Ingrid se hand, en al is dit goed dat Ingrid boet vir haar wandade, is dit hartseer om Rehane en Kay te groet wat albei die sepie verlaat. Hulle vertel eksklusief aan tvplus van hul karakters se laaste storielyne en hoe hulle Arendsvlei gaan onthou.

BAIE OM TE VERWERK

In die aanloop tot hul laaste verskyning in die sepie, is Debra is geskok wanneer sy hoor sy het nou volmag oor Ingrid se boedel, sê Kay. “Dis baie om te verwerk en dinge raak net erger wanneer Ingrid se oordeelsda­g aanbreek en Debra hoor haar ma gaan in ’n inrigting opgeneem word.”

Baie mense het gewonder of die uitbarstin­g wat Ingrid vroeër in Augustus tydens haar hofsaak gehad het eg of meesterlik­e toneelspel was, maar

Rehane is oortuig Ingrid is kranksinni­g. “Sy het vir lank haar geestesges­ondheid soort van beheer, maar toe haar pa, Pieter (Ivan Abrahams), in Julie dood is, het Ingrid se greep op die werklikhei­d deur haar vingers begin glip,” sê Rehane. “Pieter was haar alles. Dis na hom toe wat sy gegaan het en al haar diepste en donker geheime vertel het toe hy nog in die tronk was. Sy was baie lief vir hom en sonder hom in haar lewe is sy rigtingloo­s.”

Voor haar onlangse hofsaak was daar hier en daar tekens iets skort met Ingrid, soos toe sy met Steve Mortlock (Elton Landrew), Debra se pa en Ingrid se groot liefde, gepraat het. “Ingrid het Steve vermoor, maar sy kon hom nie laat gaan nie. Wanneer Ingrid gevoel het dinge raak te veel, het sy met Steve gesels asof hy steeds leef, want dit het haar getroos,” sê Rehane.

TYD OM TE GROET

Intussen dra Debra haar restaurant, Mortlocks, oor aan haar tannie, Janice (Crystal-Donna Roberts), Steve se suster. “Debra vertrou Janice en voel sy los haar besigheid in goeie hande,” sê Kay. “So raak Debra nie heeltemal ontslae van die plek nie en dit bly steeds in die familie.”

Kort daarna sien ons Ingrid vir ’n laaste keer, en sy is ver van die ystervrou wat ons leer ken het: Eensaam, verslae en ongemaklik in haar nuwe omstandigh­ede in die inrigting. “Dis nie die lewe wat sy wil hê nie,” sê Rehane. “In Ingrid se kop dink sy nie sy is waansinnig nie en sy was vas oortuig sy sou vir ’n tweede keer skotvry van die moordaankl­agtes teen haar wegstap. Maar die bewysstukk­e wat Debra en Janice ná Pieter se dood in Pieter se pakkamer gevind het (aandenking­s van al die moorde wat sy gepleeg het) was net te verdoemend,” sê Rehane.

VAARWEL, MY VRIEND

Met haar besigheid afgehandel, is daar een ding wat Debra nog moet doen voor sy groet, en dis om vaarwel te sê vir haar goeie vriend en ekskêrel Langes (Bobby

Stuurman). “Dis bittersoet,” sê Kay. “Langes was deur dik en dun aan Debra se sy en sy het gehoop hy sou saam met haar wegtrek uit Arendsvlei en ’n nuwe avontuur in Parys aanpak, maar Langes voel sy plek is in die Vlei. En al is dit vir haar moeilik om hom te laat gaan, is dit wat sy nodig het om van haar eie trauma te herstel en ’n nuwe lewe aan te pak.”

 ?? ?? Die dwangbaadj­ie hou Ingrid in toom. Debra het alle bande met haar ma verbreek met haar getuienis in die hof.
Die dwangbaadj­ie hou Ingrid in toom. Debra het alle bande met haar ma verbreek met haar getuienis in die hof.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa