TV Plus (Afrikaans)

kykNET & kie Ma.-Do. 19:30

h Di.-Vry. kykNET & kie (*145) 11:00 o Sondae kykNET & kie 15:30

-

VERLEDE KEER

Angel het vereistes aan Priester gestel, Nicolene se pa, Lukas, het onverwags in Arendsvlei opgedaag en haar en Anton se trouplanne omvergegoo­i, en kapt. Karelse het inligting by Angel gekry wat Ronnie in ’n moeilike posisie geplaas het.

IN DIÉ UITGAWE

Debra is geskok wanneer sy onverwagte nuus van die polisie kry, Janice is uit die veld geslaan wanneer Debra die restaurant Mortlocks aan haar oordra, en Angel het nagmerries oor Priester. Angel sukkel om haar ongelukkig­heid vir Daniel weg te steek, Aunty Gertie waarsku Dominee oor ’n plan om hom by die kerk uit te werk, en Dominique probeer Thys verlei. Thys voel skuldig oor die voorval met Dominique en vertel vir Lionel wat gebeur het, Nicolene vra Alta-Marie se raad ná ’n uitval met Anton, en Ingrid voel eensaam, verslae en ongemaklik in haar nuwe omstandigh­ede.

Thys praat openlik met Dominique, Langes en Debra neem afskeid, en Daniel stel voor Angel sien ’n egskeiding­sprokureur. Anton en Nicolene het ’n belangrike familiever­gadering, Angel besef sy moet leer hoe om onafhankli­k wees, en Anton en Nicolene sien uit na hul huwelik. Janice het ’n krisis by Mortlocks. Janice waarsku Lionel om nie belangrike inligting van haar te weerhou nie, en Angel is steeds onseker wie sy kan vertrou – wat Daniel frustreer. Dit is Anton en Nicolene se troudag, maar ’n ramp vind plaas kort voor die seremonie, en Daniel belowe hy sal altyd na Angel omsien. Almal probeer sin maak van die groot tragedie, en Hein weet nie wat om te doen nie en het dalk breekpunt bereik.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa