TV Plus (Afrikaans)

e.tv Weekdae 17:30

o Sondae eExtra (Openview 105) 15:20

-

VERLEDE KEER

Halit was vasbeslote om wraak te neem op

Sahika, Lila en Erim het hul bes gedoen om hul pa te ondersteun, en Yildiz was verras om uit te vind Kerim was die nuwe HUB. Ender het die waarheid oor Sahika se verraderli­ke plan uitgevind en probeer om Sahika uit haar lewe te kry, en Halit was oorgehaal om Yildiz terug te wen, maar Yildiz was nie seker dis wat sy wou hê nie.

IN DIÉ UITGAWE

Halit maak ’n dapper skuif om Yildiz se toegeneent­heid terug te wen, ’n ongelukkig­e voorval met Yigit word ’n nuttige bedingings­middel vir Sahika, en terwyl Ender en Sahika om mag meeding, kry Yildiz verwarrend­e boodskappe van Kerim. Halit bewys hy het verander, maar baie mense dink hy lieg, en Halit bied later ’n huisinwydi­ngspartytj­ie aan, maar iemand saboteer dit met ’n dwelmklopj­ag deur die polisie. In die nasleep van Zehra se ontvoering glo niemand Sahika is onskuldig nie, en ’n stryery met Kaya laat Sahika ’n geheim verklap wat meer as een verhouding op die spel plaas.

Zehra probeer ’n goedkoper manier kry om ’n front voor te hou, met onbedoelde gevolge, en Lila en Yigit gee hul ouers goeie nuus, maar kry dalk nie die verwagte reaksie nie, en Caner se verjaardag­partytjie neem ’n slegte wending. Kaya gee Ender ’n ultimatum, maar sy gee nie kop nie, en Yigit en Lila kan nie wag om te trou nie. Asuman is steeds ’n doring in Yildiz se vlees, en daar is ’n aantreklik­e nuwe paartjie op die dorp. Kerim en Mert se swendelary vorder, Sahika dreig Ender om haar aandele oor te dra, en ’n misverstan­d verbreek ’n paartjie se vertroue en hulle oorweeg dit om uit te maak. Dit lyk asof alles in Sahika se guns werk wanneer die kans om Ender en Kaya uit mekaar te dryf in haar skoot val.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa