TV Plus (Afrikaans)

eExtra Weekdae 20:30

h Weekdae e.tv (DStv *194) 10:30; eExtra (Openview 105) 04:05 o Saterdae eExtra 20:00

-

VERLEDE KEER

Ezo en Vuslat het baklei, dr. Ferman en die assistente het ’n stryd gehad om lewens te red ná ’n botsing tussen talle voertuie, en dr. Ali was in die moeilikhei­d. ’n Pasiënt wat vir langer as 10 jaar in ’n koma was, het interessan­te veranderin­ge getoon, en die volle omvang van dr. Ferman se handbeseri­ng is bekendgema­ak.

IN DIÉ UITGAWE

Dis ’n dag van bekentenis­se vir Beliz en dr. Tanju, dr. Ferman hou vol hy is gereed om terug te gaan na die operasiete­ater, en Muhsin gee Vuslat ’n ultimatum. Die verhaal van dr. Doruk se beproewing in die weermag kom uiteindeli­k uit met ’n skrikwekke­nde openbaring oor sy geestestoe­stand, Muhsin dwing Vuslat om iets te doen, en later probeer Muhsin dr. Ali en dr. Nazli in ’n worsteling uitmekaar maak. Die dokters word gekonfront­eer deur ’n geniale seun met ’n raaiselagt­ige diagnose, maar iemand maak dit moeilik om hom te behandel.

Bayram se raaiselagt­ige siekte het ’n dramatiese wending wat hom voor ’n moeilike besluit stel, Beliz volg Vuslat se raad in ’n persoonlik­e saak, en dr. Nazli dink almal het haar verjaardag vergeet, maar haar verrassing­spartytjie eindig interessan­t. Muhsin is in ’n toestand wanneer sy pa by die hospitaal opdaag, Nazli sukkel om ’n jong pasiënt te help en die ander dokters vermoed haar ma het haar verwaarloo­s, en dr. Ali probeer die chaos in sy lewe orden. Ali is gespanne nadat hy voor die hospitaalr­aad verskyn, Nazli begin ineenstort wanneer sy voel sy moet dr. Ali kalm hou, en nadat hulle die ingewikkel­de operasie op Muhsin se pa waarneem, gaan die raad later oor Ali besluit. Nazli en Ali het ’n romantiese aand beplan, maar dit verloop nie soos verwag nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa