TV Plus (Afrikaans)

e.tv Weekdae 18:30

h Weekdae e.tv (Openview 104) 13:00 o Sondae e.tv (Openview 104) 10:20

-

VERLEDE KEER

Mbali was versigtig vir almal wat deur Thabo oor Thandekile ondervra is, Calvin en Jack het probeer om die vonk tussen hulle te ignoreer, en Bhengu het sy posisie duidelik gemaak oor die dief.

IN DIÉ UITGAWE

Dit lyk of Thandekile en Thabo nie genoeg van mekaar kan kry nie, Phumeza word deur Sibiya gekonfront­eer, en niemand kan te veilig wees rondom Thembi nie. Phumeza word vasgevang in ’n gyselaarsi­tuasie, Calvin en Sihle dink Thembi is gevaarlik, en Sibiya besluit om by Durban General te bly. Agatha ly weens haar nuwe situasie, Thabo is die gelukkigst­e man by Durban Gen, en Mbali en Zandile voel verraai. Sibiya se versoek word uiteindeli­k toegestaan, en Mbali en Zandile is woedend oor Thabo en Thandekile. Thabo kry ’n verskoning van Zandile, Qwabe sak inmekaar, en Thabo beplan om dinge met Mbali te beëindig. Agatha is gereed om haar verlede te begrawe, Qwabe maak vrede met die dood, en Mbali en Thabo neem Agatha na Ngwelezane vir die reinigings­eremonie. Phumeza het ’n verrassing vir Sibiya op hul herdenking, en hoewel dit lyk asof Thabo en Mbali tevrede is om in die openbaar bande met mekaar te verbreek, is daar gerugte dat hulle nie gereed is om hul liefde vaarwel toe te roep nie. Qwabe sukkel met die veranderin­ge in haar lewe, dr. Dhlomo se woede krap mense steeds om, en Phumeza kan dit nie verhelp om jaloers te wees op Sne se swangerska­p nie. Thabo en Mbali bots weer, en dit lyk asof Agatha nie meer gehelp kan word nie, maar haar dokters wil nog ’n laaste keer probeer.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa