TV Plus (Afrikaans)

eExtra Weekdae 19:30

h Weekdae eExtra (Openview 105) 12:25

-

VERLEDE KEER

Celebi, Cicek en Iskender is gearrestee­r, Tomris se vriende het gevier toe sy uit die tronk vrygelaat is, en die toesigverh­oor oor Gunes het tesame met die artefaksmo­kkelverhoo­r begin.

IN DIÉ UITGAWE

Cemre reik uit na speurder Korkut om hulp nadat sy tuis ’n skokkende toneel aantref, en Cicek gaan na Ruya en Cemre en smeek om hulp, maar gaan Ruya haar nou help noudat sy Cicek se geheim ken? Celebi se keuses het ’n invloed op almal rondom hom wanneer hy en Seher albei in ’n kritieke toestand in die hospitaal beland. Ruya en Omer neem hul verhouding na die volgende vlak, en Cemre verwerp Ozan – tot die nuus van Celebi en Seher hulle nader aan mekaar bring. Cemre se verskrikli­ke nuus dreig om Ruya en Omer se verrassing­stroudag te ontwrig, en terwyl Ruya en Omer hul troue vier, konkel Celebi om uit die tronk te ontsnap, en hy moet kies tussen vryheid en wraak op Ozan en Cemre.

Celebi veins sy eie dood, maar Cemre is oortuig haar bose man lewe steeds en sy is bereid om tot die uiterste te gaan om te verseker sy is van hom ontslae. Celebi gebruik al sy bose energie om sy dogter Gunes terug te kry, en dit lyk asof daar min is wat Hulya as die nugterdenk­ende een kan regkry. Ozan en Omer sluit aan by die polisiesoe­ktog na Celebi, terwyl Cemre uit die stad vlug.

Ozan beland in die hospitaal en veg om sy lewe, terwyl Celebi konkel om weer te ontsnap, en

Omer die reg in eie hande neem, maar sy beheptheid met wraak plaas spanning op sy nuwe huwelik. Iskender red Ozan se lewe, maar nie almal is bly daaroor nie, en Cemre se optrede om haarself en Gunes te red, begin ’n revolusie met ’n impak op meer mense as net hulle twee.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa