TV Plus (Afrikaans)

kykNET & kie Ma.- Do. 17:30

h Di.-Vr. 13:00 -14:00 o Saterdae 10:00-14:00

-

VERLEDE KEER

Nazan het Sinan oorreed om by haar plan in te val, ’n inkopietog saam met Iclal het aaklig geëindig vir Nur, en Iclal se broer Sinan het by Nur betrokke geraak. Yigit was woedend en het Sinan aangeval, Aytul was wanhopig oor haar seun, en Yigit is spyt nadat hy voor Iclal se komplot geswig het.

IN DIÉ UITGAWE

Yigit is kwaad vir Nur, want foto’s van haar verskyn op advertensi­eborde, maar sy verduideli­k sy is mislei om vir die fotograaf te poseer. Yigit weier om Nur se verduideli­king te aanvaar, en die gevoellose spel wat Iclal gespeel het deur Mert te gebruik gee Yigit en Nur die geleenthei­d om ’n paar dae alleen deur te bring. Wanneer Yigit hom haas om met sy seun te herenig, neem Nur ’n groot tree en aanvaar Kerem se aanbod, en later daag Nur by Iclal se deur op saam met Mert, en probeer haar skuldig laat voel sodat sy van Yigit kan wegbly.

Yigit moet nooit uitvind Iclal het die baba verloor nie, Iclal moet dus gou weer met hom trou en ál opsie wat sy het, is om Mert te gebruik. Iclal vind uit van Nur se swangerska­p en wil haar help met ’n aborsie, Elmas kom met die waarheid uit, maar kan nie die gevolge hanteer nie, en Yigit sien Nur en Kerem by die altaar terwyl hulle trou en hy gee hoop op versoening op. Nur is jammer oor die skuif wat sy pas gemaak het, Aytul is bereid om enigiets te doen vir Iclal se geluk, selfs al beteken dit sy moet veroorsaak dat Nur haar baba verloor, en Aytul se plan stort in duie en dit eis byna haar dogter se lewe.

Nur huur die huis langsaan om nader aan Yigit te wees en haar enigste doel is om hom terug te wen. Iclal weet nie hoe om die verwarrend­e nuwe situasie te interprete­er nie, en Nur besef die enigste manier om daagliks nader aan Yigit te kom is om Cahit te oortuig om haar as sy sekretares­se aan te stel.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa