TV Plus (Afrikaans)

kykNET & kie Ma.- Do. 20:00

h (*145) Di.- Vry. 15:30-16:30 o (*145) Saterdae 14:00-18:00

-

VERLEDE KEER

Defne het gevrees wat haar ontvoerder Maksut vir haar beplan het, Kerem wat nader gekom het om die waarheid oor sy pa se identiteit te ontdek, het met Meryem oor Kadir gepraat, en dinge het nie goed gelyk vir Elif en die baba nie. Yakup en Kahraman het hul soektog na Kadir voortgesit.

IN DIÉ UITGAWE

Defne en Kiymet vrees Kahraman gaan hul geheim aan die familie verklap, Kahraman dank Kemal af as hul prokureur, en Elif probeer ’n prokureur kry om haar ma te help. Nazli besluit om terug te kom en die baba te vat, maar Defne weier om die kind af te staan. ’n Katgeveg breek uit tussen Defne en Nazli en Defne stoot Nazli oor die balkon, en Kerem en Kadir ontmoet uiteindeli­k, maar die pad na versoening is nie maklik nie. Kahraman besoek Elif, Nazli maak onwetend die deur oop vir hewige konflik, en Elif trou met Maksut maar kan nie met haar seun herenig nie.

Elif wil hê Maksut moet sy belofte hou en gee hom ’n week om haar seun na haar toe terug te bring, en Kahraman en Defne beplan om te skei en Ziya vind daarvan uit en doen sy bes om hulle te versoen. Elif en Nazli help by ’n restaurant en kry ’n kans om hul ma te bel, en Kahraman is op die punt om Elif die waarheid oor die baba te vertel, maar hy word onderbreek deur ’n oproep oor iets verskrikli­ks wat met Defne gebeur het. Yakup is verpletter wanneer hy uitvind Kiymet is nie sy ma nie, en nadat hy uitvind daar is jare lank vir hom gelieg, besluit Yakup om almal te konfrontee­r. Die res van die Yorukhan-familie is desperaat om die waarheid oor die surrogaats­kap uit te vind, Elif kry goeie nuus van die prokureur, en later gaan Elif en Kahraman met vakansie met die hoop om hul liefde weer aan te wakker, wat makliker is as wat hulle gedink het.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa