TV Plus (Afrikaans)

eExtra Sondae 19:30

o Saterdae eExtra (Openview 105) 19:30

-

VERLEDE KEER

Suleyman het vuurwapens by die Babil-kantore weggesteek, Hakan het ’n chirurg ontvoer, en die polisie het Irfan gearrestee­r. Ilay het gehoor Egemen praat oor Deniz wat sy seun is, en Deniz se operasie het begin.

IN DIÉ UITGAWE

Irfan en Eda wag angstig op nuus oor die operasie op hul seun, Deniz, Hakan meng in wanneer Irfan sy skuld aan Suleyman gaan betaal, en Suleyman wys vir Irfan en Egemen hy het geen genade nie. Wanneer Irfan die operasiesp­an bedank, hoor hy van ’n geheimsinn­ige vrou wat die dokters oorreed het om te opereer. Ayse kom onwillig nader aan die bedorwe rykmanskin­d Hakan in ’n poging om Suleyman se organisasi­e nóg verder te infiltreer, ’n woedende Suleyman konfrontee­r sy vrou, Kudret, nadat hy haar komplot teen sy minnares, Ilay, blootlê, en Suleyman maak ’n Mafialid dood om Hakan te red. Irfan besluit om van Eda te skei wanneer hy ál dieper in rampspoed verval, en Eda steier wanneer Irfan sy planne aankondig om hul huwelik te beëindig. Kudret is vasberade om alles oor Ayse se verlede uit te vind wanneer haar seun, Hakan, se belangstel­ling in die nuwe vrou op kantoor aanhou groei, Ayse kom na Kudret vir inligting wanneer sy dieper grawe in Suleyman se twyfelagti­ge besigheid, en Mert begin Ayse volg wanneer hy vermoed Ayse het dalk geheime motiewe. Suleyman stel Irfan in gevaar terwyl hy probeer om Ilay se liefde terug te wen deur nuwe kliënte vir die besigheid voor te stel, maar hulle het ongelukkig bande met die Mafia, en ’n konfrontas­ie tussen Kudret en Suleyman laat hul gemoedere hoog loop. • Die episode op Dinsdag 6 September is die oorspronkl­ike laaste episode van seisoen 1, en ons gaan direk oor na seisoen 2 vanaf Woensdag 7 September.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa