TV Plus (Afrikaans)

Telemundo Daagliks 21:00

h Daagliks Telemundo (*188) om 10:20 & 14:30, 17:00 & 00:00 & 02:30

-

VERLEDE KEER

George het sy dogter Paz saam met Pedro in die bed betrap, Paz het gelieg en gesê sy was swanger, Carmen het gesien Leticia en George soen mekaar, George het Carmen afgesê, en Tania is afgedank.

IN DIÉ UITGAWE

Carmen praat oor Kurt se aanbod om haar profiel te verbeter deur ’n vals glanssterv­erhouding met Andy te gebruik, maar Carmen hou vol haar waardighei­d is nie te koop nie. Leticia verdwyn nadat George haar vir Carmen aansien wanneer hy dronk by die huis aankom, Rick stel aan Carmen voor sy neem ’n album in Engels op saam met ’n Latynse sanger, en Tania vind uit Rick ding mee om die pos as Carmen se nuwe bestuurder. Pedro vertel sy ma en ouma Paz verwag sy baba, maar Tommy soek na Pedro om hom te vertel

Paz veins haar swangerska­p. ’n Geredigeer­de weergawe van Tommy en Lulú se bandopname word op die sosiale media uitgelek, en Robert vra Yuliana om te trou. Lulú vertel Leticia hoe Alan werklik gesterf het, Robert kry sy fortuin terug danksy ’n klousule in sy pa se testament, en Yuliana moet Camilo Bustillo in die hande kry om te sê sy sal Robert se skuld betaal. George kla oor hoe geheg Carmen en Rick aan mekaar raak, Rick nooi Carmen vir ete in New York, en Carmen konfrontee­r Rick wanneer sy uitvind George het nog die heeltyd agter die skerms toutjies getrek. Juancho slaan George voor Juancho George vertel van sy plan om Carmen teen Rick te beskerm, en Juancho vergader met die Russe. Pedro eis ’n verduideli­king van sy ma nadat Tommy in die tronk beland, Cameron vra Paz om te trou en lieg vir sy ouers om Paz en die baba te beskerm, Lara en Tommy ontmoet op hul eerste dag by die ateljee, en Clio antwoord nie Andy se oproepe nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa