TV Plus (Afrikaans)

SABC2 Weekdae 21:00

-

h Weekdae SABC1 (*191) 08:30 h Weekdae SABC2 (*192) 11:30

VERLEDE KEER

Azwindini was woedend toe hy hoor Rosemary het borgtog gekry en is op die vlug, en VhoMasindi was seergemaak en ontsteld om te sien Shaz gebruik Vho-Mukondelel­i se resepteboe­k. En daar was nóg slegte nuus vir Vho-Masindi toe sy uitvind iemand het Vho-Mukondelel­i se bankrekeni­ng leeggemaak.

IN DIÉ UITGAWE

Dinge vererger in die Mudau-huis, en Susan is onbewus van die storm wat op haar afstuur. VhoMasindi beland in die moeilikhei­d ná ’n oorhaastig­e besluit, Mpho is geskok wanneer sy hoor wie is Rosemary se suster, en daar is ’n groot geskinder wanneer die voormalige burgemeest­er se liggaam opgegrawe word as deel van ’n moordonder­soek. Vho-Makhadzi maak ’n bekentenis, die datum van die huidige burgemeest­er, Susan, se verhoor word vasgestel, en Tenda is skepties oor Zama nadat iets verrassend­s gebeur.

Vhangani word by Vho-Makhadzi se probleme ingesleep, Mpho besluit om ’n ritueel te doen vir Rosemary, maar sy is geskok wanneer iemand onverwags by haar huis opdaag, en Susan word amptelik gearrestee­r. Mpho hoor Rendani is haar geestelike gids, Vho-Makhadzi beplan alternatie­we maniere om geld in die hande te kry om te dobbel, en Tenda probeer Mpho oortuig Rosemary is ’n bedrieër. Susan laat vaar die stryd om geregtighe­id en almal is bekommerd sy kan dalk haar eie lewe neem, en Vho-Makhadzi mislei Rendani oor ’n kontantdon­asie. Mpho wil hê Tenda moet niks met Rosemary te doen hê nie, en Vho-Makhadzi bedank Vhangani omdat hy haar aangewese bestuurder is, onbewus van wat werklik aangaan.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa