TV Plus (Afrikaans)

Battle On The Beach

Seisoen 2 HGTV (*177) 20:15 Realiteit

-

Ontwerpers, opknappers en TV-persoonlik­hede Taniya Nayak, Ty Pennington en Alison Victoria span saam as aanbieders en mentors op die realiteits­program Battle On The Beach, en hulle het die nuwe seisoen na Surfside, Texas, geskuif. “Ons wou iewers gaan waar dit wild en ongerep is, en ons het drie pragtige huise om op te knap,” sê Alison, wat in die opknapping van kombuise spesialise­er. “Ek het ’n fortuin aan my eie kombuis bestee en het ’n bietjie kennis van ontwerp. Die reeks was dus groot pret.”

1 Alison (40) is in Chicago gebore en getoë en sê daar’s “niks op hierdie planeet wat my uit die Windstad sal verdryf nie. Ek mis die huis ná een dag op vakansie.”

Alison verfraai huise al vir 30 2 jaar. “Ek het my ma se kelderkame­r as ’n grap opgeknap. Ek was 10 en sy het gedink ek sou net handdoeke en lakens oral oopgooi. Dit was egter pret en sy het my ontwerp behou, maar kontrakteu­rs gekry om dit te doen,” sê Alison. Dis die vierde reeks wat sy saam 3 met Ty aanbied ná Rock The Block, Ty Breaker, Hotel Impossible en Flipping Across America. Hulle het in die vroeë 2000’s die eerste keer saamgewerk toe Ty sy kombuis wou laat opknap.

4 Alison het nog nie moed opgegee om liefde te vind nie, maar het voorsorg getref om later kinders te hê deur haar eierselle te laat vries tot “wanneer ek die een vind”. Sy het oorlog verklaar 5 teen haar kontrakteu­r

Donovan Eckhardt in seisoen 2 van Windy City Rehab (2021) toe hulle deur kliënte aangekla is weens knoeiwerk. Dit blyk Donovan het ongelisens­ieerde en onopgeleid­e werkers gebruik, wie se werk onder standaard was.

 ?? ?? Die Battle-aanbieders is (van links): Taniya Nayak, Ty Pennington en Alison Victoria.
Die Battle-aanbieders is (van links): Taniya Nayak, Ty Pennington en Alison Victoria.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa