TV Plus (Afrikaans)

I Love A Mama’s Boy

Seisoen 3 TLC (*135) 21:00 Realiteit

-

Hoe meer drama, hoe beter die realiteits-TV-programme. En daar is nie een wat meer dramaties is as I Love A Mama’s Boy nie, want dis als mamma, als drama in elke episode. En aan die voorpunt in die derde seisoen is ma Leila wat terugkeer, haar seun Shekeb en sy meisie Emily, wat ’n verloofrin­g van $60 000 (R1 miljoen) geëis het, maar ’n goedkoop ring van ’n pandjieswi­nkel gekry het. Maar hulle is in goeie geselskap . . .

Die irriterend­e beheervraa­t-ma Kelly en haar seun

Matt is ook terug, met Matt wat kykers kort-kort herinner hy het breintraum­a in ’n ongeluk opgedoen, maar weier om enigiets verder daaroor te sê. Hoewel Matt probeer aanbeweeg en ’n nuwe meisie kry, laat Kelly hul eerste “oorslaap” in ’n nagmerrie ontaard. “Ek het die vorige meisie verdryf, ek sal dié een ook verdryf – net ek weet wie goed genoeg is vir Matt,” sê ’n trotse Kelly.

Dinge lyk nie juis beter vir Shekeb nie. “Ek trek uit en gaan bly by my nuwe meisie, en hoewel dit my ma verpletter, is dit tyd daarvoor. Ná seisoen 2 met Kelly is ek op ’n beter plek,” vertel Shekeb, wat in sy 20’s is, deeglik bewus van sy ma se kommentaar. “Hy hoort by my, hy’s my seun,” sê Leila. “Die naelstring sal nooit geknip word nie. Ek sal my prins (Shekeb) met geen vrou deel nie.”

Seisoen 3 is volgepak met drama – daar gaan ’n vaderskaps­toets in een episode wees wat ’n ma weens ’n angsaanval in ongevalle laat beland, en die nuwe spelers gaan olie op die vuur van die ma-seun-meisie-drama wees. “Ek hoop ons sal iewers maniere en vrede kry, en eensgesind kan saamleef, maar my ma gaan nie daar wees nie,” waarsku Matt.

 ?? ?? Van links: Ma Leila, seun Shekeb en sy aanaf-meisie Emily.
Van links: Ma Leila, seun Shekeb en sy aanaf-meisie Emily.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa