TV Plus (Afrikaans)

Extraordin­ary Humans

Seisoen 1 Curiosity Channel (*185) 22:00 Realiteit

-

Wetenskapl­ike feite klink soms soos wetenskaps­fiksie, en dís iets wat die bioloog Thom Hunt in sy reeks Extra-ordinary Humans ondersoek. “Ek verstaan biologie. Ek verstaan wetenskap. Maar wat ek in hierdie program sien en met mense ervaar, is onverklaar­baar,” sê die Britse aanbieder van iets in die 40. “Ons bekyk dié mense van naderby en probeer hul bonatuurli­ke eienskappe verduideli­k. Ons kyk na iemand soos Biba Struger, ’n man van Serwië wat nie doodgeskok kan word nie. Hy hanteer elektrisit­eit op ’n manier wat ons nie kan verklaar nie.”

Dis egter nie so maklik om so ’n reeks te maak nie. “Ons het meer as 4 000 inskrywing­s van reg oor die wêreld gekry en moes elkeen ondersoek om te sien of dit waar is,” sê Thom. “Ons was taamlik gelukkig, want bykans die helfte van die video’s het die mense op ons potensiële lys uitgesluit – wat hulle as buitengewo­on beskou het, was nie. Daar was ’n ou wat op ’n trampolien gespring het. ”

Thom en sy span het na 20 lande gereis om die buitengewo­ne mense te ontmoet en dit was al die visum-regulasies en lewe op die pad werd. “Ek kan steeds die helfte van die goed wat ons gesien het, nie verduideli­k nie. Daar’s ’n ou oor wie ’n lorrie gery het. ’n Normale mens sou vergruis gewees het, maar hy het besonder digte spiere en bene wat ’n bykans metaalagti­ge geraamte vorm.” Die mense in die reeks is deur dokters, wetenskapl­ikes en ander genetika-spesialist­e getoets om hul vermoëns te bewys. Thom vertel: “Hulle het toetse ondergaan om seker te maak hulle is 100% werklik. Wat ook al jy in die reeks sien, is waar . . . hoewel byna onmoontlik om biologies te verklaar.”

 ?? ?? Thom Hunt (inlas) ontmoet buitengewo­ne mense soos Biba (hooffoto) wat elektrisit­eit beheer.
Thom Hunt (inlas) ontmoet buitengewo­ne mense soos Biba (hooffoto) wat elektrisit­eit beheer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa