TV Plus (Afrikaans)

MasterChef Australia

Seisoen 14 M-Net (*101) 18:00 Realiteit

-

Die superkookr­eeks MasterChef Australia keer vir die 14de keer terug en word Maandae tot Donderdae uitgesaai net wanneer die meeste van ons begin kosmaak vir aandete. En in hierdie seisoen word bekende gesigte weer gesien in die formaat Fans vs Favourites. Daar is drie kampioene, drie gewilde voormalige deelnemers wat nie die paal gehaal het nie en 12 nuwe aanhangers wat die MasterChef-uitdaging aanpak. Plus die wenner van seisoen 4 (2012) Andy Allen, die beroepsjef Jock Zonfrillo en koskritiku­s en skrywer Melissa Leong is weer die beoordelaa­rs.

Die wenners wat terugkeer, is Sashi Cheliah (seisoen 10, 2018) Billie McKay (seisoen 7, 2015), en

Julie Goodwin (seisoen 1, 2009). Seisoen 14 is einde 2021 geskiet, dus is daar steeds ’n paar Covid-19beperkin­gs op verfilming, sê Andy. “Ons het nie eers die oudisies vir die seisoen uitgesaai nie, wat gewoonlik baie belangrik is. Ons het begin met die 24 sjefs wat gereed is om te begin kook.”

Die meeste immuniteit­speldjies nóg in die reeks se geskiedeni­s – sewe – word in hierdie seisoen uitgedeel. Daar is ook ’n splinternu­we Feature Ingredient Ser

vice Challenge, ’n Food Pyramid Invention Test, en die veel beproefde Mystery

Box Challenge wat die deelnemers volgens Andy tot die uiterste gedryf het. “Ons het tydens verfilming rondgeloop en die aromas en geure van die geregte was ongeloofli­k. Ons het gedink seisoen 13 was wonderlik, maar ek dink hierdie seisoen is ons beste nóg. Al die fieterjasi­es help niks indien ’n kunstige skepping nie goed smaak nie.”

 ?? ?? Die beoordelaa­rs wat weer op hul pos, is (van links): Jock Zonfrillo, Andy Allen en Melissa Leong.
Die beoordelaa­rs wat weer op hul pos, is (van links): Jock Zonfrillo, Andy Allen en Melissa Leong.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa