TV Plus (Afrikaans)

VERLEDE KEER Diepe waters . . .

Tracy en Conrad leef verby mekaar en hul verhouding ly daaronder.

-

Conrad (Hykie Berg) se aandag is die afgelope ruk orals behalwe by sy meisie, Tracy (Melinda Viljoen), en sy voel hulle leef by mekaar verby. Tracy weet Conrad is baie lief vir haar, maar sy aandag is die hele tyd by sy werk, en terwyl dinge reeds krap, nooi hy sy eksmeisie

Delia (Odelle de Wet) en haar pa Andries (André Odendaal) om by hulle te kom bly terwyl Andries kankerbeha­ndeling by Binneland kry. “Tracy is oorbluf wanneer Conrad Delia-hulle nooi,” sê Melinda. “Conrad het al telkemale vir Tracy gesê sy is die vrou van die huis, maar nou nooi hy vir Delia om by hulle te bly sonder om Tracy te raadpleeg. Dit pla haar dat Conrad se eksmeisie nou onder hulle dak is en dat hy nie eers sien hoe dit Tracy omkrap nie, laat gevaarligt­e flikker.”

ONDERSTEUN­ING

Helena (Ronel Kriel), Conrad se ma, kuier tans by Conrad en haar kleinkinde­rs Ruan (Caiden Bouwer) en Vicky (Roxanne Bornman), en wanneer sy tyd saam met hulle bestee kom sy agter Tracy is nie haarself nie. “Helena probeer

Tracy gerus stel dat sy ’n rol het in die familie en dat Conrad haar werklik liefhet,” sê Melinda. “Tracy is dankbaar vir Helena se ondersteun­ing en hulle stem saam Conrad kan Tracy beter behandel, en Tracy moet dit vir hom sê.”

CONRAD SE PRIORITEIT­E

Tracy maak reg vir Vicky se skool se modeparade, maar Conrad stel haar weer teleur wanneer hy heeltemal van die geleenthei­d – wat baie vir Vicky beteken – vergeet. “Tracy besef die drama met Delia-hulle ly sy aandag af, maar dis nie eintlik ’n verskoning nie en hy gaan oor sy prioriteit­e moet besluit,” sê Melinda.

Conrad en Tracy het ’n ernstige gesprek. “Conrad probeer Tracy geliefd laat voel en sê hy is trots op hoe sy Vicky die afgelope ruk gehelp het en hoe goed haar besigheid, die Tonik Koffiewink­el, vaar. Maar Tracy bly hartseer. Sy vertel Conrad hy sien haar nie raak nie, want eintlik is sy sielsongel­ukkig en hy kom niks agter nie.”

Dit lyk ook nie of dinge gou gaan verbeter nie. Tracy raak vasgevang in die Andries-drama, en later wanneer Conrad vir Tracy uitneem vir ete om haar liefde en aandag te gee, gebeur iets by hul huis . . . Lees meer in ons volgende uitgawe.

VDanny D het gesukkel met trauma nadat hy ’n ernstige ongeluk gesien het, Delia en Louis Lo het vasgesit omdat hy nie wil hê haar pa, pa Andries, moet deel van hul dogter, Amalia, A se lewe wees nie, en Vicky wou hê Tracy moet haar nuwe mamma word.

IN DIÉ UITGAWE

Rita begin die hele prentjie sien, maar kry met een van Andries se alter-ego’s, Ben, te doen, Louis is bekommerd oor Conrad se verhouding, en Steve maak ’n onthulling teenoor Annelize. Gaby blaas stoom af oor Annelize, Karen is bekommerd oor Liam, en ’n Chanel wurm haar uit ’n naweekuits­tappie. Tracy speel oop kaarte met Delia, Zee vra Danny se raad, en Rita is ongelukkig ná ’n foonoproep. Steve besef hoe alleen Annelize is, Louis se vrae laat Delia ontplof, en Chanel wil van haar onnodige besittings ontslae raak.

Daar is meer as een rede vir Andries se rebelsheid, Rita wil bedank, en Lexi se oë mis niks nie. Chanel kla by Naomi, Rita en Delia praat eerlik oor Andries en Louis, en Danny maak ’n bekentenis aan Lexi. Conrad wil Tracy uitneem vir ete, Danny maak ’n afspraak, en Gaby kom tot nuwe insigte oor Annelize. Boodskappe ontbloot die waarheid, Louis slinger verwyte rond, en Conrad begin die legkaartst­ukke inmekaarsi­t. Delia kry ’n oproep wat almal kwel, Jonas maak nie ’n moordkuil van sy hart nie, en Zee kies die hasepad wanneer sy haar naam in ongevalle hoor.

 ?? ?? Tracy en Conrad (inlas) se verhouding word ernstig beproef.
Tracy en Conrad (inlas) se verhouding word ernstig beproef.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa