TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Steffy konfrontee­r Li oor sy haar laat glo het Finn is dood, terwyl Sanchez ’n afgeskeurd­e toon rondswaai om aan die Forresters te bewys Sheila is deur ’n beer verskeur. Taylor vertel Steffy Ridge het haar ( Taylor) in Monaco gesoen, Quinn en Carter maak hul verhouding bekend en word betrap toe hulle mekaar in die HUB se kantoor soen, en Deacon word wakker en kry ’n vreemdelin­g in sy bed. En Hope kwel haar oor toesig nadat Thomas aan klein Douglas voorstel Douglas kom woon saam met hom in Eric se huis.

DAYS

Ava trek by die DiMera-herehuis in en begin speletjies speel met EJ, Jada en Shawn word polisie-spanmaats, en Chad vergesel Jada in die DiMera-tonnels. Alex Kiriakis vra Chanel en Allie om saam met hom te gaan uiteet – en hulle het ’n sexy stort saam – en Sonny word gedwing om saam met Alex te werk. Die afperser-katelknaap Leo eis werk by Basic Black, Thomas identifise­er Leo as die “Tandemuis”, en Clyde beweer Leo is die juweledief.

Y&R

Victoria en Nick maak asof hulle te na gekom is wanneer Chance aanhoudend ongemaklik­e vrae vra oor die aand van Ashland se dood, Victoria erken teenoor Nikki Victor het Ashland se ongeluk gereël om sy moord te verdoesel, en Abby, Chance en Adam stem in om in die geheim saam te werk om die Newman-familie se jongste sinistere geheim bloot te lê. Phyllis en Nikki ontmoet Talia, ’n ondersoeke­nde joernalis, Kyle en Summer waarsku Diane en Phyllis hulle gaan nie bakleiery by Marchetti duld nie, en Elena besef Imani veins sakevergad­erings om alleentyd met Nate te hê.

 ?? ?? Chanel (links) en Allie (middel) kry ’n aanloklike aanbod van Alex (regs).
Chanel (links) en Allie (middel) kry ’n aanloklike aanbod van Alex (regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa