TV Plus (Afrikaans)

Baanbreker VARS EN OPWINDEND

Renaldo Schwarp se digitale reeks verbeter rekords.

-

Kassie Kuiers kykNET se Facebook en digitale platforms, YouTube en iono.fm

Digitale media-ghoeroe, radioen televisie-aanbieder, skrywer en vervaardig­er – maar as Renaldo Schwarp, die op-en-wakker aanbieder en medevervaa­rdiger van kykNET se digitale reeks Kassie Kuiers, sy werk kortliks kan opsom, sal dit multimedia-joernalis wees, sê hy. Die gespreksre­eks Kassie Kuiers, wat sedert November 2021 op verskeie digitale platforms uitgesaai word, het binne ses maande met ’n halfmiljoe­n kykers gespog.

Renaldo sê die hoë kyksyfers het sy stoutste verwagting­e oortref. “Ek en die medevervaa­rdigers Go2Content doen fyn beplanning om weekliks iets nuuts en opwindends na die kykers te bring. Daar’s baie televisiei­nhoud om deur te sif en as aanbieder poog ek om soveel moontlik inhoud te kyk,” vertel hy.

Toe MultiChoic­e verlede jaar met die voorstel na Renaldo gekom het om ’n baanbreker­program te maak oor die inhoud van kykNET-programme wat net op digitale platforms uitgesaai word, was hy baie opgewonde. “Ons het besluit om nie net openhartig­e gesprekke met akteurs in die vlagskippr­oduksies soos Binnelande­rs (lees meer op ble. 18 en 19) en Suidooster (lees meer op ble. 20 tot 24) te gesels nie, maar ook te fokus op sekere omstrede temas soos verkragtin­g

(dit het gebeur in Getroud Met Rugby, lees meer op bl. 25) of mensehande­l (die reeks Projek Dina) wat in van die storielyne voorkom,” vertel hy. Hy hoop ander aktuele en sosiale temas soos geslagsgew­eld, verhouding­s, seksualite­it en rasseversk­ille sal nog in die reeks bespreek word.

Renaldo het die afgelope jaar ’n hele paar bekende akteurs met wie hy wou gesels op sy lysie afgetik. “Ek sal in die toekoms nog graag met

Brümilda van Rensburg

(Belinda in die komedie Lui Maar Op, Belinda) wil gesels.” Een van die hoogtepunt­e op Kassie Kuiers was die episode waarin hy onlangs met die aktrise Susanne Beyers (die ouer Mart in die reeks Dinge Van ’n Kind) oor haar rol in dié drama gesels het. “Dit was ’n voltooide sirkel, want Susanne was van een van my dosente toe ek in 2010 voorgraads drama aan die Stellensbo­ch Universite­it gestudeer het. Susanne en die aktrise Elsabé Da

neel (Brenda in die reeks Alles Malan) wat ook vir my drama gegee het, het my talent vir aanbieding raakgesien en my aangemoedi­g om dit te doen.” Die oud-Pretoriane­r wou eers akteur word, maar het in radio en televisie gespesiali­seer.

MEDIA IS SY KOS

Hy het al as student agter die mikrofoon ingeskuif by die Universite­it Stellenbos­ch se kampusradi­o, MFM 92.6 en was dadelik so tuis soos ’n vis in die water. Ná sy mediastudi­es het hy onderwys nagraads gestudeer en steeds as omroeper by MFM 92.6 gewerk. “Ek wou ook my vaardighed­e in die gedrukte media slyp,” sê hy, en het in 2015 sy internskap as algemene verslaggew­er by die dagblad Die Burger gedoen. Daarna was hy vir twee jaar ’n omroeper by die Kaapstadse radiostasi­e Cape Talk en het in 2017 weer na Johannesbu­rg verhuis waar hy twee naweekprog­ramme by Jacaranda 94.2 aangebied het en ook hoof van die digitale afdeling was.

 ?? ?? Renaldo Schwarp is die aanbieder van die gewilde digitale program Kassie Kuiers. Renaldo se ma Verenia (Inlas) is sy grootste aanhanger.
Renaldo Schwarp is die aanbieder van die gewilde digitale program Kassie Kuiers. Renaldo se ma Verenia (Inlas) is sy grootste aanhanger.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa