TV Plus (Afrikaans)

Ambisie, hebsug en melodrama DIE EIKESTAD

’n Familiedra­ma wat in die IT-bedryf en bankwese afspeel.

-

Fraksie

Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:00 (begin 13 September)

Fraksie is ’n splinternu­we, boeiende dramareeks uit die stal van die vervaardig­ers Louis Pretorius en Albert Snyman wat trefferree­kse soos Die Boekklub, Fynskrif en Troukoors vervaardig het, en speel af teen die agtergrond van die bankwese en tegnologie­se wêreld. “Hoewel die sakewêreld die ruggraat van die storie is, is dit nie die enigste tema nie. Die verhouding­s tussen familieled­e en vriende en al die onderstrom­inge word ook ontgin,” vertel Louis. “’n Goed bewaarde geheim tussen drie goeie ou skoolvrien­de Schalk (Edwin van der Walt, Wian in die reeks Fynskrif), Jana (Trix Vivier, Petra in die telenovell­e Legacy, lees meer op bl. 32) en Tim (Marlo Minnaar, Aiden in die dramareeks Sara Se Geheim) word soos ’n goue draad reg deur die storie verweef en bind die drie hoofkarakt­ers saam,” verklap hy ’n bietjie meer van die storielyn.

Die vonk vir Fraksie het begin toe kykNET die vervaardig­ers verlede jaar genader het om ’n nuwe reeks te maak in dieselfde trant as Vallei Van Sluiers, wat oor ’n familie en vrugteboer­e gehandel het. “Ons het besluit om die reeks in Stellenbos­ch te laat afspeel, maar wou wegbreek van die tema van wynplase omdat dit al voorheen gedoen is. Stellenbos­ch was ’n goeie vertrekpun­t vir Fraksie omdat dit so ’n bietjie soos Sillicon Valley in Amerika is: ’n Roemryke geskiedeni­s en tradisie van ‘ou geld’ en talle rekenaarma­atskappye wat daar gesetel is,” vertel hy. Die meeste van die tonele is in en om Stellenbos­ch verfilm, maar ook in omliggende gebiede soos Franschhoe­k en Somerset-Wes.

TEKS EN ROLVERDELI­NG

Albert en Louis het die oorspronkl­ike konsep ontwikkel en daarna het Louis, die hoofskrywe­r, twee weke lank saam met ’n skryfspan die oorhoofse storie uitgewerk en die verhaal in 17 episodes opgedeel. “Die episodes word aaneen uitgesaai, maar is as ’t ware twee hoofstukke of minireekse,” verduideli­k Louis.

“Die eerste agt episodes wys hoe die maatskappy QPI (Quick Payment Interface) opgebou word en die laaste nege episodes vertel hoe die ondernemin­g en die mense wat daarby betrokke is, verder ontwikkel.”

Melt Sieberhage­n (Nathan in die reeks Troukoors), Rosalind Butler (skrywer van die reeks Home Affairs) en Stephen Simm (skrywer van die reeks iNkaba) het saam met Louis aan die teks geskaaf. “Dit was ’n heerlike ervaring om met so ’n ervare span skrywers te werk en hulle het my soms uit my eie eggokamert­jie geneem.”

Louis sê wanneer hy ’n karakter skep en skryf, doen hy dit nie met ’n spesifieke akteur in gedagte nie. “Ek skryf die karakter soos hy is.

 ?? ?? Agter, van links, is Chantel, Tim, Jana, Jack, Nina en Henk en voor is Schalk.
Agter, van links, is Chantel, Tim, Jana, Jack, Nina en Henk en voor is Schalk.
 ?? ?? Inlasfoto’s: Hélène Truter (links) is Deidre en Sean-Marco Vorster (regs) is Alwyn.
Inlasfoto’s: Hélène Truter (links) is Deidre en Sean-Marco Vorster (regs) is Alwyn.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa