TV Plus (Afrikaans)

Vyand onder jou dak? JONAS BEL

Rita word Andries se versorger, maar haar verlede spook.

-

Kyk wie is terug in Pretoria! Verpleegst­er Rita Nortier (Ilana Cilliers), wat haar ekskêrel, die booswig Jonas (Jacques Gombault), in 2020 versorg het toe hy kanker gehad het.

Rita was die afgelope twee jaar in die tronk weens haar betrokkenh­eid by Jonas se bose dade (lees hiernaas hoekom die Kosters Jonas haat) en wil nou die stukkies van haar lewe optel.

SLEGTE NUUS

Delia (Odelle de Wet) is geskok wanneer sy hoor haar pa, Andries (André Odendaal, lees meer op bl. 15), het fase 2 NLPHL (nodulêre limfosiet-predominan­te Hodgkin-limfoom), ’n tipe bloedkanke­r. “Sy is devasted,” sê Odelle oor Delia se reaksie. “Haar pa

suffer klaar weens sy dissosiati­ewe identiteit­sversteuri­ng en nou het hy kanker ook.”

Delia maak planne om ’n versorger vir Andries te kry, want sy kan nie aan Andries aandag gee en ook haar verpligtin­ge teenoor die Chiron-hospitaal haar dogter Amalia (Lily van

Niekerk) nakom nie.

Rita hoor van die pos en gaan vir ’n onderhoud. “Delia weet niks van Rita se geskiedeni­s met die Kosters nie en wanneer Andries sê hy hou van Rita, stel Delia haar aan,” sê Odelle.

ONKANT GEVANG

Conrad (Hykie Berg) hoor van Andries se situasie en bied aan Delia, Amalia en Andries bly in die Koster-huis terwyl hy kankerbeha­ndeling by Binneland kry. “Delia weet Conrad wil net help, want so sal Louis (Germandt Geldenhuys), Amalia se pa, dalk gemakliker wees met Amalia wat tyd by Andries bestee. Want by die Kosters kan Conrad se meisie,

Tracy (Melinda Viljoen), darem ’n ogie oor alles hou. Maar Delia wonder tog of dit die regte ding is om daar te bly,” sê Odelle.

Hulle trek wel by die Kosters in en die duiwel is los wanneer Conrad en Louis vir Rita herken. “Rita is onkant gevang,” sê Ilana. “Sy wil regtig net oor begin met haar lewe en van Jonas vergeet, maar word nou gekonfront­eer met Jonas se slagoffers.”

Conrad en Louis jaag Rita weg, en terwyl sy spore maak sê Rita sy haat haarself dat sy kan toelaat dat Jonas haar misbruik. Maar dit lyk asof Louis se vrou,

Naomi (Je-ani Swiegelaar), simpatie met haar het, want sy kry Rita jammer wanneer sy uitgetrap word. Andries weier om ’n ander versorger te kry en Naomi maak voorspraak vir Rita. Sy oorreed Conrad en Louis om Rita nog ’n kans te gee.

Eendag kry Rita uit die bloute ’n oproep. “Dis die uitgeslape Jonas,” verklap Ilana. “Hy wil weet hoekom sy vir die Kosters werk en dreig haar om hom te help om hulle te verwoes.”

Rita besoek Jonas, wat intussen van sy kanker herstel het, en hoop om hom van plan te laat verander. Maar die man se mag oor haar raak net al hoe sterker en uiteindeli­k gaan sy instem om hom te help en iets te doen wat Delia, Andries en die Kosters erg gaan benadeel.”

ONTHOU WIE IS JONAS!

Wie kan Jonas vergeet? Hy is ’n huursoldaa­t en hoof van ’n rebelliegr­oep in die Kongo wat sy mes in het vir die Binneland-kliniek en die Kosters. Hy voel ingedoen deur At Koster (Hans Strydom) omdat At hom uitoorlê het toe Jonas twee van At se dokters, Steve (Clint Brink) en wyle

Elana (Ilne Nienaber) gyselaar gehou het toe hulle in 2018 vir Doctors Without Borders gewerk het. Jonas het intussen al verskeie kere probeer om At terug te kry, soos om At se broer Louis op Louis se troudag in 2019 te probeer vermoor. Maar tot dusver het sy planne misluk.

Rita was die een wat uiteindeli­k vir haar kêrel se sondes geboet het en twee jaar in die tronk was terwyl Jonas in Indië weggekruip het en eksperimen­tele behandelin­g vir sy kanker gekry het.

 ?? ?? Delia (inlas) voer ’n onderhoud met Rita (middel) om Andries (regs) se versorger te word.
Delia (inlas) voer ’n onderhoud met Rita (middel) om Andries (regs) se versorger te word.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa