TV Plus (Afrikaans)

Die liefde wen!

Rhafiek en Kaashifa trou uiteindeli­k ná al die hartseer en pyn.

-

Die mat is onder die geliefde Suidooster-karakter Kaashifa (Jawaahier Petersen) se voete uitgeruk toe sy in Julie vanjaar met borskanker gediagnose­er is.

Die siekte was ’n doodsvonni­s vir haar ma (nie op die skerm nie) en toe Kaashifa hoor haar lewe is ook dalk verby, het sy aanvanklik in haar dop gekruip en haarself van haar vriende, familie en haar verloofde, Rhafiek (Irshaad Ally), afgesonder.

“Kaashifa se grootste vrees is om vir iemand ’n las te wees,” sê Jawaahier. “Sy het gesien wat die siekte aan haar ma gedoen het, en sy wou niemand daaraan blootstel nie – veral nie Rhafiek nie, want hy het reeds (in 2020) ’n babaseun verloor. Daar is ’n groot kans dat Kaashifa kan sterf en sy sal haarself nooit vergewe as sy Rhafiek daardeur moet laat gaan nie,” verduideli­k Jawaahier. Maar Kaashifa het gou besef sy hoef nie die reis alleen aan te pak nie, en sy het Rhafiek en haar geliefdes stadigaan toegelaat om haar te ondersteun. En nou staan sy en Rhafiek uiteindeli­k op trou! EERS GEKANSELLE­ER

Die planne vir die bruilof is Maandag 5 September, die dag voor die troue, goed op dreef. Rhafiek se ma, Mymoena (Jill Levenberg), is bedrywig om alles van die silwereetg­erei vir die onthaal tot die versiering­s vir die seremonie reg te kry en jy kan die opwinding aanvoel.

Kaashifa is net so bly om byna ’n bruid te wees, maar sy lyk vaal en uitgeput omdat sy nog herstel ná haar dubbele mastektomi­e. Bianca (Simone Biscombe), Mymoena se dogter, is die enigste een wat weet Kaashifa het onlangs ’n infeksie opgedoen en is tans op sterk antibiotik­a. “Kaashifa het Bianca mooi gevra om niks te sê nie, want sy wou nie hê dit moet die troue bederf – of

DIE UITRUSTING­S

Die garderobes­pan het hulself oortref met die pragtige uitrusting­s vir die troue – van die asemrowend­e trourok wat Kaashifa dra tot die gaste se uitrusting­s en die tradisione­le Moslemkler­edrag wat Rhafiek aanhet met sy tulband wat spesiaal deur die Imam om sy kop gevou word.

 ?? ?? Rhafiek (inlas) beloof ewige trou aan sy pragtige bruid Kaashifa (links).
Rhafiek (inlas) beloof ewige trou aan sy pragtige bruid Kaashifa (links).
 ?? ?? Chris (Marcel van Heerden, middel) kyk hoe Rhafiek (links) Kaashifa (regs) se ring aan haar vinger sit.
Chris (Marcel van Heerden, middel) kyk hoe Rhafiek (links) Kaashifa (regs) se ring aan haar vinger sit.
 ?? ?? Kaashifa (links) en Mymoena (regs) deel ’n spesiale oomblik voor die troue wanneer sy vir Kaashifa help om haar trourok aan te trek. “Dit was so besonders vir my en Jill ons het gesukkel om die trane weg te hou, want dis hoe ver Kaashifa gekom het en dit het ons albei diep geraak,” sê Jawaahier.
Kaashifa (links) en Mymoena (regs) deel ’n spesiale oomblik voor die troue wanneer sy vir Kaashifa help om haar trourok aan te trek. “Dit was so besonders vir my en Jill ons het gesukkel om die trane weg te hou, want dis hoe ver Kaashifa gekom het en dit het ons albei diep geraak,” sê Jawaahier.
 ?? ?? “Die kleurskema vir die troufamili­e se uitrusting­s was skakerings van groen,” sê die hoof van die garderobe-departemen­t by die sepie, Suné Jansen. Rhafiek (heel regs), Kaashifa, Mymoena (middel), haar man AB (Cedwyn Joel), en Bianca (links) en Bianca se dogter, Stella (Mischka Ross, middel voor) het almal iets groens gedra.
“Die kleurskema vir die troufamili­e se uitrusting­s was skakerings van groen,” sê die hoof van die garderobe-departemen­t by die sepie, Suné Jansen. Rhafiek (heel regs), Kaashifa, Mymoena (middel), haar man AB (Cedwyn Joel), en Bianca (links) en Bianca se dogter, Stella (Mischka Ross, middel voor) het almal iets groens gedra.
 ?? ?? Kaashifa se trourok is spesiaal gemaak deur die Kaapse ontwerper Graham Thomas Brown.
Kaashifa se trourok is spesiaal gemaak deur die Kaapse ontwerper Graham Thomas Brown.
 ?? ?? Stella is die strooimeis­ie by die troue en sy te kosbaar wanneer sy by die kansel afstap en blomblare strooi.
Stella is die strooimeis­ie by die troue en sy te kosbaar wanneer sy by die kansel afstap en blomblare strooi.
 ?? ?? Zoe (Lauren Joseph, regs) en haar man Tim (Marco Spaumer, links) was van die gaste by die troue.
Zoe (Lauren Joseph, regs) en haar man Tim (Marco Spaumer, links) was van die gaste by die troue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa