TV Plus (Afrikaans)

DIE NAAKTE WAARHEID

-

Jawaahier sê vandat sy gehoor het die skrywers beplan ’n kankerstor­ielyn vir Kaashifa, het sy haarself voorberei om dit so eg moontlik te vertolk. “Ek is persoonlik geraak deur vriende en geliefdes wat tans met kanker leef en dié wat die stryd verloor het, soos my vriendin Simone Schultz,” sê Jawaahier en raak duidelik emosioneel. “Sy is nes ek ’n ma van twee, ek kon haar gesig voor my sien wanneer ek uitbeeld waardeur Kaashifa gaan.”

Simone is oorlede kort voor tvplus met Jawaahier oor haar karakter se troue gesels het, en Simone se begrafnis het nog voorgelê. Haar stem is rou wanneer sy oor haar geliefde vriendin praat. “Sy het so hard baklei en dis aan haar en elke ander ma, pa, ouma, oupa en kind wat ook met die kankermons­ter baklei aan wie ek die storielyn opdra.”

Jawaahier was so toegewyd aan die storielyn dat sy onbewustel­ik gewig verloor het. “My liggaam het fisiek siek geword en ek het koorsblare ontwikkel. Die grimeerkun­stenaars het nie veel grimering wat my laat siek lyk vir die chemotonel­e aangesit nie, want ek het Simone Schultz, Jawaahier se vriendin wat onlangs aan kanker oorlede is. natuurlik siek gelyk.”

Irshaad sê hy het nie eerstehand­se ervaring van kanker wat by hom of enige van sy familie en vriende gediagnose­er is nie, maar hy het groot simpatie vir dié wat daarmee leef, en prys Jawaahier oor hoe sy die storielyn aangepak het.

Jawaahier het ook onlangs deur die liefdadigh­eid Reach For A Dream ’n 13-jarige meisie ontmoet wat aan breinkanke­r ly. Dit was die meisie se droom om Kaashifa te ontmoet. “Ons ontmoeting was roerend,” sê Jawaahier. “Sy wou Kaashifa sien wat nes sy met die kankermons­ter worstel.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa