TV Plus (Afrikaans)

Goeie en slegte nuus

Lienkie is swanger – maar kry dan ontstellen­de nuus.

-

Lienkie (Mandi du Plooy

Baard) en haar Stryderwed­erhelf Blitz (Werner Coetser) beleef ’n emosionele wipwarit. Nadat sy ’n week terug vir ’n paar dae nie lekker gevoel het nie en ’n bekommerde Blitz daarop aangedring het sy moet dokter toe gaan, het die paartjie wonderlike nuus gekry: Sy is swanger! “Lienkie het nie gedink sy is siek nie, want sy ken haar liggaam. Nadat sy twee jaar gelede met kanker gediagnose­er is en die kanker oorwin het, het sy volle vertroue in haar herstel gehad,” vertel Mandi. “Sy was oorstelp van vreugde oor haar swangerska­p. Sy kon nie wag om die goeie nuus aan Blitz en hul seun, Johan

(Dirk Jacobs), te vertel nie.” Maar die blydskap is van korte duur.

ONTSTELLEN­DE DIAGNOSE

Lienkie voel steeds siek en maak ’n afspraak by haar onkoloog. “Haar onkoloog doen ’n deeglike ondersoek, en dan kry sy die skoknuus haar kanker is terug,” vertel Mandi.

Die volgende dag wys die toetsuitsl­ae die kanker het versprei en is aggressief. Lienkie hoor sy het weke, of as sy gelukkig is, dalk ’n paar maande oor om te leef. “Dit is ’n groot skok en terugslag vir Lienkie. Sy wil eers nie huis toe gaan om Blitz te vertel nie,” sê Mandi. Werner vertel Blitz was in die wolke toe hy hoor daar’s nog ’n baba op pad. “Omdat Blitz en Lienkie eers ’n paar jaar ná Johan se geboorte versoen is en daarna getrou het, het hy Johan nie as ’n baba geken nie, Hy sou dus nou kon opmaak vir daardie verlore tyd. Maar nou weet hulle nie of Lienkie lank genoeg gaan leef om geboorte te skenk nie.”

DIE SOET EN DIE SUUR

Blitz en Lienkie besluit om eers nie vir Johan die slegte nuus te vertel nie, want hy was in die sewende hemel toe hy hoor hy gaan ’n ouboet word. Lienkie en Blitz moet nou soveel drastiese besluite neem. Moet hulle hul vriende van Lienkie se swangerska­p vertel, en in dieselfde asem die kanker is terug en sy is nou terminaal?

Mandi sê Lienkie besluit hoe langer sy kan voortgaan met ’n normale lewe, des te beter. Lienkie vertel haar kollegas

Amanda (Natasja Jacobs) en Kristien (Marlee van der Merwe) van haar swangerska­p, maar sê niks van die kanker nie. Sy bedank en haar kollegas neem aan dis omdat sy in dié blomtyd meer tuis wil wees.

 ?? ?? Lienkie en Blitz moet die slegte nuus verwerk dat haar kanker terug is.
Lienkie en Blitz moet die slegte nuus verwerk dat haar kanker terug is.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa