TV Plus (Afrikaans)

Tragiese troudag

Dean Richard Olivier groet Anton en Arendsvlei ná vyf jaar op die kassie.

-

Die pad na die kansel was nie maklik vir die duifies Anton (Dean Richard Olivier) en Nicolene (Gretchen Ramsden) nie. Hulle moes verskeie struikelbl­okke in hul verhouding oorkom en daar was in 2018 groot teenkantin­g teen hul romanse omdat dit begin het as ’n fling toe Anton nog op skool en Nicolene sy onderwyser­es was. Tog het hulle vir mekaar lief geraak en Nicolene het haar werk by die Hoërskool Arendsvlei opgegee om haar en Anton se verhouding te koester.

Kort daarna het sy na haar tuisdorp, Springbok, teruggegaa­n en Anton het agterna getrek, maar iets het daar lelik skeefgeloo­p en Anton het sak en pak na Arendsvlei teruggekee­r.

In Junie vanjaar het Nicolene ook in die Vlei opgedaag – met haar verloofde, Justin (Marlon Swarts), aan haar sy. Justin was groen van jaloesie oor Anton en die band wat hy met Nicolene het, en wat net sterker geword het toe hulle weer in mekaar se geselskap was.

Dit het op die lappe gekom Justin het destyds op Springbok in Anton se naam vir Nicole ’n vals brief geskryf waarin Anton glo hul verhouding beëindig – net sodat Justin hom uit die pad kon kry om haar hart te wen. Die waarheid het ’n bitter smaak in Nicolene se mond gelaat en sy het die verlowing verbreek. Nou staan Anton en Nicolene ná al die drama op trou, maar hul spesiale dag ontaard in ’n tragedie wat kykers lank gaan onthou ...

TROUKOEK EN ’N ONGELUK

“Die dag begin op ’n mooi noot met Anton en sy pa Hein (Merlin Balie) wat regmaak vir die troue en hul snyerspakk­e aantrek,” sê Dean. “Hulle het ’n pragtige pa-enseun-oomblik wat die sterk band tussen hulle beklemtoon.”

Maar die roerende oomblik word kortgeknip wanneer Anton se foon lui en hy sien dis Lukas (Mario Haupt), sy toekomstig­e skoonpa, wat hom soek. En wat Lukas te sê het, laat Anton alles net so los om na hom toe te gaan. “Daar is ’n krisis met die troukoek en Anton moet gou kom help,” verduideli­k Dean.

Met die koek weer eksieperfe­ksie, haas Anton en Lukas saam terug na die troue waar Nicolene en die res van die gaste op hulle wag. Maar almal gaan langer wag as wat hulle dink. Anton en Lukas is in ’n ernstige motorbotsi­ng en die ondenkbare gebeur: Anton sterf tragies in sy bruid – wat haar na die ongeluksto­neel gehaas het – se arms.

WAT NOU?

Die nuus stuur skokgolwe deur die gemeenskap van Arendsvlei en daar is niemand wat hulself meer kasty as Lukas nie. “Nicolene verwyt ook vir Lukas omdat hy die een was wat die liefde van haar lewe weggeroep het op haar troudag. Sy is briesend en bly haar pa vra hoekom hy so gejaag het – dit was totaal onnodig,” sê Gretchen.

Hein is ook stukkend weens die verlies van sy seun. Sy lewensmaat

Yvette (Charlene le Roux), probeer hom ondersteun want sy weet presies hoe dit voel om jou eie kind aan die dood af te staan – haar Monique

(Robyn Rossouw) is in

2020 koelbloedi­g vermoor [lees meer onder].

Maar Hein wil nie Yvette se simpatie hê nie en is skoon mislik met haar.

En asof dinge nie erger kan word nie, daag Anton se vervreemde ma

Natalie (Carmen Maarman) ’n paar dae later in Arendsvlei op vir die begrafnis. “Natalie en Anton het nooit oor die weg gekom nie, want sy jaag geld na,” sê Dean. “Sy is nie terug in die Vlei om oor Anton se tragiese dood te treur nie. Nee wat. Sy sien dit as ’n geleenthei­d om geld te maak en hoop sy kan moontlik Anton se bakkery in die hande kry,” verklap Dean.

DIE TRANE VLOEI

Dis ’n hartseer dag in Arendsvlei wanneer Anton se familie en vriende die begrafnis bywoon en steeds sukkel om die gebeure te verwerk. En daar wag nóg drama: “Natalie gaan moeilikhei­d maak wanneer sy met een van Anton se vriende Ruby (Boudine Ballem), wat by Hein en Yvette woon en vir Anton soos ’n suster was, probeer vriende maak,” sê Anton. En asof Natalie nie reeds genoeg skade aan Anton, Hein en die res van sy familie gedoen het nie, lug sy haar mening oor Hein en Nicolene se verhouding. “Ek mag nie verklap wat sy presies sê nie,” sê Gretchen. “Maar Natalie vererger Nicolene en Hein se rouproses en in die stadium sien hulle nie ’n lig aan die einde van die tonnel nie en sukkel om ’n lewe sonder Anton te aanvaar,” sê Gretchen.

 ?? ?? Lukas (inlas) is buite homself nadat hy en Anton in ’n motorongel­uk op pad na Anton se troue is. Anton (hooffoto) sterf in Nicolene se arms op hul troudag.
Lukas (inlas) is buite homself nadat hy en Anton in ’n motorongel­uk op pad na Anton se troue is. Anton (hooffoto) sterf in Nicolene se arms op hul troudag.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa