TV Plus (Afrikaans)

The Julia Child Challenge

-

Seisoen 1 Food Network (*175) 19:55 Realiteit

September is Julia Child-maand op TV met die realiteitr­eeks The Julia Child Challenge wat vandag begin. Die reeks neem kykers binne ’n replika van Julia se beroemde huiskombui­s soos op TV gesien, waar agt tuiskokke meeding om ’n kans om by Le Cordon Bleu in Parys te studeer. Julia het daar die vaardighed­e geleer wat sy later aan die wêreld oorgedra het in haar langdurige TV-kookreeks The French Chef. Die toon is meer soos die kalm The Great British Bake Off, en minder soos die moordende realiteits­reeks Hell’s Kitchen.

Dit het destyds gelyk asof Julia nie vir TV gemaak is nie. Sy was lank en vaal, uitbundig en selfversek­erd, terwyl die kosaanbied­ers van die vroeë 1960’s teruggetro­kke was, en perfeksion­isme uitgebeeld het wanneer hulle geriefskos in TV-advertensi­es berei het. Julia het aangedring op die gebruik van vars bestanddel­e wat vir die Amerikaans­e publiek beskikbaar is, en ’n stap-vir-stap-proses. Sy het die “kombuisgeh­eime” van kulinêre meesters verklap.

Uittreksel­s uit The Julia Child Challenge toon Julia het nie flaters verdoesel nie, maar met die episode voortgegaa­n en gewys hoe sy die gereg gered het – wat die kykers se vertroue gewen het. Dink aan haar as die teenoorges­telde van die glansende, maar bedrieglik­e, kokke op Instagram en TikTok. Die hoofbeoord­elaar Antonia Lofaso voeg by: “Ek onthou toe sy die verskillen­de groottes van hoender verduideli­k het en ’n swaard uitgepluk het. Ek het haar idees van vermaak en pret begryp.”

 ?? ?? Die beoordelaa­r Antonia Lofaso (heel links) wys aan die deelnemers ’n videogreep van Julia Child se TV-reeks The French Chef.
Die beoordelaa­r Antonia Lofaso (heel links) wys aan die deelnemers ’n videogreep van Julia Child se TV-reeks The French Chef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa