TV Plus (Afrikaans)

Nancy Drew

Seisoen 3 M-Net (*101) 21:45 Drama

-

Niemand was meer verras as die hoofster van Nancy Drew, Kennedy McMann (sy het in twee kameerolle gespeel voor sy vir die rol gekies is), met die volwasse wellus in die TVverwerki­ng van die gelyknamig­e reeks tienerboek­e nie. “Ek het gehoor hulle wil iets doen soos Riverdale, wat ’n splinterre­eks van die Archie-strokiesve­rhale is. Maar ek het nie gedink my karakter sal in haar vroeë 20’s wees en seks hê nie,” sê die 25-jarige aktrise. “Maar ons maak ’n reeks wat meer op volwassene­s gerig is, dus verstaan ek.”

Hoewel Nancy Drew ’n reeks in tienerstyl is, het die boeke situasies weerspieël wat nie vir kinders bedoel was nie, sê Kennedy. “Ek het al die boeke weer gelees en Nancy het moorde en bedrog tydens haar skoolvakan­sies ondersoek. Dis nie ’n gewone tienerakti­witeit nie, dus het die vervaardig­ers my karakter ’n eerstejaar­student gemaak pleks van ’n tiener.” En daarom het hulle Nancy volwasse uitgebeeld – sy skroom nie om oor seks te praat of oor platsak wees en sukkel met dinge nie.

“Nancy Drew leef nie in ’n perfekte wêreld nie. Sy doen in die reeks veel meer as moorde oplos. Daar is meer volwasse temas wat nie met ’n suikerlagi­e bedek word nie. Dis waarvan ek hou in ons produksie – ons beeld nie perfekte karakters in ’n perfekte wêreld uit nie. Hulle moet komplekse dinge soos depressie, liefde en belasting verwerk,” sê Kennedy, wat byvoeg: “Ek’s 25 maar kan ’n 17- of 18-jarige karakter speel danksy die grimeerspa­n. Kinders is ook nie ons teikengeho­or nie, maar tiener-volwassene­s en ons vertolk ons rolle sodat kykers daarby aanklank kan vind . . . soort van.”

 ?? ?? Die TV-reeks Nancy Drew is meer op volwassene­s gerig as die boeke.
Die TV-reeks Nancy Drew is meer op volwassene­s gerig as die boeke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa