TV Plus (Afrikaans)

American Detective

Seisoen 2 ID (*171) 21:00 Ware misdaad

-

Lt. Joe Kenda van die reeks oor ware misdaad Homicide Hunter is terug vir seisoen 2 van grusame moordsake wat hy opgelos het – en met sy rekord van 92% opgeloste sake, gaan dit interessan­te kykstof wees. “Moord en misdaad hou ’n morbiede betowering vir ons in,” verduideli­k die afgetrede polisieman van Colorado, Amerika. “Ons wil meer weet, want dit is nie die norm nie. Ons word nie wakker en pleeg ’n moord nie. Dis die onstabiele skurke wat in daardie dieptes van ondeug beland.”

Joe is egter nie die hoofster in die reeks nie. Hy praat met ander speurders in Amerika oor hul moeilikste sake en hoe hulle die skuldige gevang het. “Die menslike natuur het my nog altyd aangespoor. My ouers het my na die dieretuin in Pittsburgh geneem toe ek 9 was. Daar was ’n kennisgewi­ng wat gesê het: ‘Die gevaarliks­te dier ter wêreld is om die hoek.’ Ek het om die hoek geloop en myself in ’n spieël gesien. Dit was ’n openbaring. Mense is die gevaarliks­te diere op die planeet. Diere maak uit behoefte dood; mense vir die plesier.”

Seisoen 1 het gekyk na selfdood wat moord was, ontvoering­s en ’n reeksmoord­enaar wat ’n bloedspoor van Miami tot New Jersey gelaat het. In seisoen 2 raak dinge vreemder, vertel Joe. “Ons het die saak van ’n pa van vyf wat dood op sy kombuisvlo­er gevind is. Speurder moes al sy hulpbronne gebruik om die moordenaar te kry teen die agtergrond van grillige fantasieë en ongewone verhouding­s. Ek het die saak gevolg en dit was interessan­t om te sien hoe die ondersoek vorder namate nuwe leidrade gevind is,” sê Joe.

 ?? ?? Luitenant Joe Kenda weet presies hoe om ’n moordenaar vas te trek.
Luitenant Joe Kenda weet presies hoe om ’n moordenaar vas te trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa