TV Plus (Afrikaans)

Storage Wars: Texas

Seisoen 2 History (*186) 18:35 Realiteit

-

Het jy al ooit gewonder hoe en waarom opbergings­eenhede in die realiteits­reeks Storage Wars en sy verskillen­de splinterre­ekse opgeveil word? Dis heel eenvoudig in die

VSA, want daar’s wetgewing wat die eienaar die reg gee om die eenheid te verkoop indien die huurder vir drie maande nie die heffing betaal het nie, om vir sy verliese te vergoed. “Dis ’n wilde wet, want soms vergeet mense en bêre ’n groot fortuin daarin,” sê Bubba Smith, een van die kopers in Storage Wars: Texas.

Daar is egter reëls en regulasies wat nagekom moet word. “Niemand word voor verfilming naby die eenheid toegelaat nie,” sê Bubba. “Ek het vir twee maande skedules gehad en is goed bevriend met die meeste van die eienaars van die fasiliteit­e, maar hulle plaas jou op ’n swartlys vir die terrein. Jy kan nie jou voete daar sit nie.” En daar’s nie kaartgerie­we vir betaling nie. “Wen jy die veiling moet jy ’n hoop kontantgel­d opdok.”

Die vervaardig­ers kry ’n kontrak van die fasiliteit­eienaars wat ’n wettig bindende lys eenhede bevat van eenhede wat deur die huurders versaak is, asook bewys dat hulle gekontak is en waarskuwin­gs geïgnoreer het. “Daar was ’n voorval waar die eienaar van die eenheid by die veiling opgedaag en ontplof het. Dit het op ’n fisieke bakleiery met een van die vervaardig­ers uitgeloop, want die eienaar was desperaat om sy eenheid te behou. Maar die wet is die wet,” sê Bubba, wat al langer as 20 jaar in die bedryf is.

“Daar’s ’n gerug die reeks laat die eenhede eers waardeer, maar hulle het geen idee wat daar is nie – dit lewer soms ’n wins, maar dikwels ’n verlies.”

 ?? ?? Bubba Smith koop links en regs eenhede in Storage Wars: Texas.
Bubba Smith koop links en regs eenhede in Storage Wars: Texas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa