TV Plus (Afrikaans)

tvplus sal jou antwoord en help waar ons kan!

-

Goeie dag. Hoekom saai julle Spoorloos so vroeg in die oggendure of 12 uur die nag uit, maar ander goed word oor en oor gedurende die dag, bv. Kwêla Hannes Aan Huis herhaal. Ag, en vele meer. Maar Spoorloos bv. 2 uur in die nag. Nêrens deur die dag nie. Asb. tog kyk daarna. Groete. – ANONIEM, PER SMS

Beste anoniem. Die meeste aanddramas (wat ná sepies uitgesaai word) het ’n ligte ouderdomsb­eperking en is nie geskik om deur die dag uitgesaai te word nie. Dis maar om te keer dat kinders dalk iets sien wat hulle kan ontstel. Dié tipe programme sal nie sommer maklik deur die dag herhaal word nie.

Dankie vir Tuintoere, mag daar nog baie wees. Wat van kunsgaller­ye? Groetnis. – MAGDA, PER SMS

Hallo Magda. Tuintoere is darem ’n lus vir die oog. En ’n reeks oor kunsgaller­ye en museums sal net so lekker wees. Ek kan nie te veel verklap nie, maar daar kom binnekort ’n reeks oor museums in Suid-Afrika, hoewel dit in Engels sal wees. As als goed gaan, skryf ons daaroor in ons volgende uitgawe. Dit sal so lekker wees om ons land ook so te verken.

Hi Lucia, help, asb.!! Wat het gebeur met Survivor S38 wat op SABC3 op Maandae sou wees? tvplus het dit in sy vorige uitgawe geadvertee­r! Dankie. – BEA, PER SMS

Ai, Bea, ek weet. Ons kry baie klagtes oor dié een. Dis net van die skedules verwyder sonder om ons te laat weet of enige waarskuwin­g te gee. Sleg wanneer ’n mens uitsien na iets en dan word dit weggevat of uitgeskuif. En nou is ons eie Survivor ook nog klaar!

tvplus, wanneer gaan ons weer Days Of Our Lives kyk op TV? Tydskrif is te duur en kan dus nie opvang nie. Elk geval is hulle (Amerika) jare voor ons. – JENNY, PER SMS

Hi, Jenny. Ek dink ongelukkig nie daar is tans enige sprake om Days Of Our Lives weer uit te saai nie. En ek is jammer, ek besef die tydskrif is duur. Ek wens ons kon dit goedkoper maak, maar ons verander juis van dié uitgawe af na ander papier om nóg ’n prysverhog­ing te keer. Ek mis Days ook. Ek wens kykNET wou Days uitsaai en in Afrikaans vertaal!

Genade, hoe lank moet ons nog na die aaklige bed kyk met hul kaal bene. Wat te erg is te erg. Het ons kykers dan nie ’n sê nie en moet ons nou betaal om na hul bene te kyk? Al my vriende sê ook hulle kan nie meer na die kaal bene kyk nie. Doen iets asb. – ANONIEM, PER SMS

Ek dink nie daardie advertensi­e gaan binnekort aangepas word nie, maar ek sal weer die klagtes onder hulle aandag bring. As ek mag vra, hoekom is jy so gekant teen kaal bene in ’n bed? Pla dit jou as iemand kortbroeke ook dra?

Liewe tvplus, is Werner en Marvin van 7de Laan uit? – MARIA RAUTENBACH, SASOLBURG, PER SMS

Liewe Maria, ons mag niks sê oor Werner (Zak Hendrickz ) en Marvin (Duncan Johnson) nie! Ons monde is gesnoer. Maar ek hou ook duime vas hulle is gou weer terug op ons skerms.

Kan jy asb. uitvind hoekom At Koster deesdae so min in Binnelande­rs speel? Dit is asof sy storielyne al hoe korter raak. Baie dankie. – ELIZE, NOORDKAAP, PER SMS

Ek dink At (Hans Strydom) is met sy een voet in die deur vir aftrede. Dis maar die gevoel wat ek kry. My wens bly ’n ordentlike onderhoud met hom, maar Hans weier om enige onderhoude toe te staan – al het ek al gesien hy maak soms ’n uitsonderi­ng. Maar ons hou aan probeer. Hy is darem ’n legende!

 ?? ?? Binnelande­rs se At Koster.
Binnelande­rs se At Koster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa