TV Plus (Afrikaans)

THE EQUALIZER (aksiereeks)

-

“Indien enigiemand kan help, is dit McCall.” Jy noem dit, sy speel dit: Die begaafde Queen Latifah (die misdaadbaa­s Carlotta Brown in die musiekdram­areeks Empire) speel die oud-CIA-agent Robyn McCall in hierdie aksiereeks wat die nuwe weergawe van die gelyknamig­e reeks van die 1980’s is – daar was ook twee enkelfliek­s met

Denzel Washington (Alonzo in die aksierille­rfliek Training Day) in die hoofrol.

Die lewe het hierdie enkelma en haar tienerdogt­er Delilah (Laya DeLeon Hayes) ’n paar taai klappe gegee, maar met haar omvattende vaardighed­e betree Robyn die strate van New York waar geen man dit nog vrywillig gewaag het nie wanneer sy vir haarself werk as ’n private elite- fixer. Het jy ’n probleem waarmee 9-1-1 en die NYPD nie wil help nie? McCall sal kom en alles regmaak in haar poging om maatskapli­ke wandade reg te stel en die slegte ouens aan die pen te laat ry.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa