TV Plus (Afrikaans)

JAGVELD (fliek)

-

Die plaaslike ster Leandie du Randt (Miekie in die Afrikaanse sepie Getroud Met Rugby, lees meer op ble. 24 en 25) draai die skroewe aan vir ’n groep slegte ouens wat op haar spoor is. Leandie speel die minsame onnie Emma wie se motor in die Noord-Kaapse hitte onklaar raak. Terwyl sy op die plase om haar na water soek, kom sy op ’n bende dwelmsmokk­elaars af en is die enigste ooggetuie wanneer hulle ’n polisieman vermoor. En die bende wil seker maak sy sal nooit kan vertel wat sy gesien het nie, maar Emma het baie spesiale vaardighed­e om haarself te beskerm.

 ?? ?? Emma is allesbehal­we sag en gedwee wanneer sy die teiken van dwelmhande­laars word.
Emma is allesbehal­we sag en gedwee wanneer sy die teiken van dwelmhande­laars word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa