TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika BOLD

-

Donna onthul die nuwe portret bo die kaggel in die Forrester-herehuis. Sheila wurm haar pad terug in Deacon se lewe en vermom stel sy haarself aan Hope voor as Lina. Deacon gooi sy hande in die lug wanneer hy uitvind Sheila/Lina noem haarself sy nuwe liefde, en Steffy en Hope raak lelik met mekaar oor toesig oor Douglas.

DAYS

Stefan kom uit sy koma en dr. Rolf kondisione­er hom om pyn te ervaar elke keer wanneer hy aan Gabi dink, en die vonke spat tussen EJ en die “gek” Ava.

Die verliefde Li kom op vir Gabi wanneer EJ haar probeer ruïneer, en Jennifer se pilverslaw­ing is terug. John, Steve en Roman red Kayla, Marlena en Kate van Orpheus, en Kate lewer Orpheus oor aan dr. Rolf. Alex Kiriakis begin van Stephanie hou, Leo besef hy word skuldig laat lyk nadat hy Sonny kry wat letterlik in die rug gesteek is, en Will haas hom terug na Salem terwyl die dokters veg om Sonny te red.

Y&R

Adam gaan snuffel rond en besef Victor het Ashland se motorongel­uk geprakseer om Nick te beskerm, en Adam waarsku Nick hy (Adam) het die man geword wat hy is, omdat hy die herinnerin­g aan die moord op A.J. Montalvo onderdruk het. Adam aanvaar Jack se aanbod om mede-HUB by Jabot te word, Billy laat vaar sy podsending om Lily se bedryfshoo­f te word, en Phyllis verkoop die Grand Phoenix aan Chancellor-Winters. Talia publiseer ’n storie oor Diane se terugkeer uit die dood ná ’n wenk van Phyllis, Faith maak reg om kollege toe te gaan, en ’n aannemings­agentskap verwerp die oudgevange­nes Mariah en Tessa.

 ?? ?? Sheila hoop haar Lina-vermomming gaan haar help om weer haar verhouding met Finn te herstel.
Sheila hoop haar Lina-vermomming gaan haar help om weer haar verhouding met Finn te herstel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa