TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Eda kom van aangesig tot aangesig met die Bolat-familie en hul spoggerige vriende by haar verlowings­partytjie met Serkan en sy wonder of Serkan se verbondenh­eid aan hul ooreenkoms sy arrogansie gaan oortref en hom dwing om vir haar op te kom wanneer die gaste haar minag. Eda se skokkende ervaring van ’n ander kant van Serkan is van korte duur, Serkan se ma, Aydan, twyfel of Eda by die Bolat-huis moet intrek, en terwyl sy en Eda se tante Ayfer oor die verlowing stry, raak hulle gou bekommerd wanneer hulle vermoed Serkan verkul Eda.

Serkan se poging om Eda op die regte pad te hou nadat haar witleuentj­ie hand uitruk laat hulle by die kantoor stry. Serkan vermoed daar is ’n mol in sy maatskappy, Serkan se wrede eks, Selin, spoor die moeilikhei­d aan, en Serkan dien Kaan se besigheid ’n slag toe. Eda moet ’n front voorhou wanneer Selin en haar verloofde, Ferit, vir ete opdaag, Serkan het ’n interessan­te reaksie wanneer Eda hom vra of sy ontwerpwer­k kan aanvaar, en Aydan merk op hoe geheg Serkan en Eda aan mekaar raak . . . tot hulle byna ontmasker word tydens ’n ete. Die verhouding tussen die personeel van die Bolat-ouermaatsk­appy word ingewikkel­d terwyl hulle in ’n hotel by ’n oord gestrand is en ’n ooreenkoms met beleggers probeer red, en Eda word gedwing om ’n skrikwekke­nde keuse te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa