TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Yamaç probeer ’n manier kry om ’n vriend se seun te red, Sena konfrontee­r Selim oor wat gebeur het, en Celasun neem Karaça in sy vertroue. Karaça en Ayse probeer Aksin help, Yamaç en Mahsun gaan ’n ooreenkoms aan, en Ceto se lewe is dalk in gevaar. Selim skraap uiteindeli­k moed bymekaar om Idris oor die waarheid uit te vra, Aksin sluip terug in haar ou huis, en Yamaç en Vartolu se plan slaag nie. Selim sluit by Idris en Emmi aan om iemand uiteindeli­k ’n les te leer, Yamaç het ’n plan om Ceto se dwelmtrans­aksie in die wiele te ry, en Sena besoek Aksin. Vartolu luister ’n gesprek af oor Saadet wat hom ontstel.

Ceto ontdek iemand in sy huis en gebruik dit tot sy voordeel, Vartolu is teleurgest­eld dat hy Saadet nie kon red nie, en Yamaç wil Idris besoek. Sultan en Idris kry ’n aangename verrassing terwyl Celasun in ’n bietjie moeilikhei­d is. Cumali neem sake in eie hande.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa