TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Halit wat agterdogti­g oor Yildiz en Kerim is, beraam ’n plan om hulle saam te betrap, maar Yildiz verras hom en dinge verloop nie soos hy wil hê nie. Met Halit warm op Yildiz se spoor, besluit Sahika en Ender om by Halit aan te sluit om haar lewe om te krap. Yildiz sê vir Kerim sy kan hom nie meer sien nie, Ender en Caner is weer besig met hul ou streke, en die voorbereid­ings vir die troue is op dreef, maar wie is die bruid . . .? Terwyl Ender haar oorlog met Sahika voortsit, is dit duidelik sy is gereed om Yildiz op te offer om te wen, Yildiz se wêreld word op sy kop gekeer, en Sahika word verneder.

Ender is die oorwinnaar wanneer Halit sy planne by die troue onthul en die hele gemeenskap skok. Terwyl Yildiz haar allerlaags­te punt bereik, pas Ender aan by haar nuwe getroude lewe saam met Halit, en

Yigit se verrassing­sbesoek tuis skok almal om die verkeerde rede. Asuman soek hulp by Mert sodat hulle weer geld kan hê, Yildiz is op die oorlogspad, en Sahika en Yigit word bondgenote. Kerim word verraai deur die een wat hy die meeste vertrou, Yildiz se nuwe bondgenoot is die laaste mens wat enigeen verwag, en Sahika is oorgehaal om Ender by te kom. Yildiz sal alles doen om haar seun terug te kry, en Sahika en Ender is nie te gelukkig met Halit se aftreeplan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa