TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Thabo is nie al een wat gereed is om Qwabe se pos by die hospitaal oor te neem nie, die interns pluis uit hoe om aan te beweeg, en matrone Nkabinde se verdwyning laat die tonge klap. Zandile kry goeie nuus, Nkabinde se bewind as selfaanges­telde waarnemend­e superinten­dent is van korte duur, en Thandekile dink sy kan haar gemeenskap­sdiens misloop. Bhengu lees Mbali die leviete voor, en ’n perfekte dag eindig in trane vir die interns.

Die hospitaalr­aad kondig die nuwe superinten­dent aan, Bhengu en Mbali besef die lewe is baie korter as wat hulle gedink het, en Thabo en Lindelani se drome het dalk waar geword. Nkabinde maak dinge moeilik vir Thabo, Bhengu pak sy tasse en sien uit na wat die toekoms inhou, en Durban General se wêreld stort in duie. Lindelani word gedwing om ’n geloofspro­ng te maak, en dis vyf jaar later en Durban General het die wipwarit van die lewe beleef. Die asbakmoord­enaar slaan weer toe, en Thabo skok Thandekile wanneer hy haar verraai. Thabo sit Thandekile op haar plek wanneer sy begin eise stel, en Sibiya is nie gelukkig met die etiket as vrou in sy verhouding nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa