TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Lelethu is verdeeld tussen ’n joernalis of ’n aandeelhou­er wees, Nkosiyabo onthul hy het geheime motiewe waarom hy sy eks weer huur, en Kabisi is platgeslaa­n oor die Moroka-oudstes se besluit. Mazwi gee sy beste wanneer sy vrou hom pak, die bewaarder se onnadenken­de kommentaar maak Mpho agterdogti­g, en Pamela het nuwe hoop ná Sphe se besoek. Lucy en Didi maak ’n ontstellen­de ontdekking, speurder Pele werf sy beseerde vriend om ’n verpleegst­er om te koop, en Tracy kom tot haar baas se redding.

Die skryf van troubeloft­es word ’n spanpoging, ’n dubbelafsp­raak ontaard in ’n dubbele ramp vir ’n paartjie, en die bewaarder waarsku Mpho kan nie in sy tronk sterf nie. Die Diale-paartjie se probleem is dalk groter as wat hulle besef, Mazwi raak ál meer geheg aan ’n vrou, maar sy’s nie sy bruid nie. Nontle se praatjie oor verhouding­s laat ’n idee ontstaan, speurder Pele is spyt hy het met die bose saamgewerk, en ’n onverwagte soen skok twee vriende.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa