TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Nazan sukkel om Cahit in die hande te kry om hom te vertel van Iclal se naderende onheil, en Iclal aan die anderkant het inligting oor Yigit wat haar die oorhand gee. Firat probeer saam met die groot manne speel, Iclal is vasberade om haar familie bymekaar te hou, en Cahit konfrontee­r

Elmas oor die video van hulle twee wat in sy kantoor kafoefel. Iclal ontmoet ’n twyfelagti­ge karakter van die ou buurt om haar lafhartige plan uit te voer om Yigit vir haarself te hê. Iclal het nie geweet Yigit was steeds op die seiljag toe sy die ontploffin­g gereël het nie . . . Aytul is woedend omdat Iclal ’n groot vyand gehuur het om die sabotasie uit te voer, en Nur kry nóg ’n modelkontr­ak en ontdek ’n geheim.

Nur vertel Yigit sy vermoed Iclal het probeer om haar op die seiljag te vermoor, Elmas en Cahit praat oor die losprysgel­d en of hulle na die polisie moet gaan, en Kerem nooi Nur na ’n sake-ete en bespreek haar loopbaan as model. ’n Foto wat deur steelfotog­rawe geneem is, verskyn in ’n koerantrub­riek en Yigit word groen van jaloesie. Yigit beken teenoor Cahit hy is jaloers op Nur, Hafize gryp in wanneer Elmas en Nur baklei oor die aandag wat Nur van Kerem kry en wat haar huwelik met Yigit kan benadeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa