TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

’n Misleidend­e artikel in die koerant veroorsaak groot drama vir Kahraman en die res van die Yorukhan-familie, ’n stryery tussen Maksut en Kerem lei tot drastiese gevolge, en Maksut probeer Elif by die herehuis ontvoer en word lelik geslaan.

Nazli word geborg om te gaan studeer en sy vertel almal dis net ’n studiebeur­s, Kahraman vind uit wie sit agter die koerantvoo­rval en konfrontee­r haar, en Sukran vind iets uit wat Yakup se hart kan breek, onbewus daarvan hy is besig met iets wat haar hart kan breek.

Kerem neem Sultan en Nazli na Elif en kom Maksut teë. Kerem kondig aan hy is die baba se pa, Maksut pluk ’n vuurwapen uit net toe Kahraman opdaag en ’n skoot word afgevuur, en Sukran kom tot die redding wanneer sy tot dieselfde bloedgroep as Kahraman behoort.

Yakup is ontsteld oor sy broer, Defne se jaloesie word verder aangevuur deur Kahraman wat na Elif pleks van Defne roep, en almal is bly om Kahraman weer by die huis terug te verwelkom. Kerem is op ’n pad om wraak te neem, Sukran praat openhartig met Neval oor ’n geheim wat die familie kan seermaak, en Kiymet probeer ’n huwelik red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa