TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Almal is paniekerig nadat Kgosi drie mans in ’n motor sien wat die huis dophou, Shaz is verstom wanneer sy Elelwani bedank, maar ’n afjak kry, en ondanks die moetie wat Mulimisi haar gee, sukkel Vho-Masindi steeds met die pyn en nare drome. Dinge ruk handuit wanneer Elelwani en Shaz soos kat en muis optree, Elelwani word afgedank, Ndiwavo vra Didi om haar huis te verlaat, en Shaz word na die koningshui­s ontbied oor Elelwani wat afgedank is. Mulimisi het ’n ritueel wat Rosemary kan bevry van die boodskap van die voorvaders, Shaz wil Mulalo bel oor die koop van Waterside, Azwindini probeer keer dat Vho-Masindi Mulimisi se hut binnegaan, Shaz probeer Vho-Makhadzi by haar plan intrek, en Susan vind uit die moordklagt­e teen haar is steeds geldig. Shaz word weer na die koningshui­s ontbied, en Vho-Masindi het ’n taak vir Rosemary om te voltooi. Die jagters word gejag wanneer Susan en Rendani na Oxford soek, en Vho-Masindi bring moeilikhei­d na die koningshui­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa