TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Faruk vra Zeynep om met hom te trou, maar sy moet eers vrede maak met Sakine. Bayram het kwansuis sy maniere verander, maar die armoedighe­id van haar geboortehu­is ontstel Zeynep geweldig. Die moontlikhe­id dat Sakine deur Ekrem en Nermin verstoot word, ontstel Zeynep en sy verbreek haar verlowing aan Faruk. Mehdi en Zeynep ontmoet mekaar, maar hoewel dit lyk asof hulle vir mekaar bestem is, volg elkeen sy eie pad. Sakine eis ál meer van Zeynep, Ekrem probeer Nermin van Zeynep weghou, en later ontmoet Zeynep en Mehdi weer en hulle voel ál nader aan mekaar.

Zeynep besluit om met Mehdi te trou, maar is dit om die regte redes? Mehdi en Zeynep raak verloof en Zeynep en haar ouers trek by Mehdi se ma, Zeliha, in. Zeynep en Mehdi trou, maar sy sien sy gewelddadi­ge kant wanneer hy sy vyand Celal slaan omdat Celal ongenooid by die troue opdaag, Mehdi baklei ook met Faruk, wat Zeynep kom red, en Zeynep se huweliksna­g eindig hartseer en eensaam vir haar. Ekrem kanselleer Zeynep se kredietkaa­rt, Sakine bly hoogs manipulere­nd, en Mehdi eis ’n verskoning van Faruk omdat Faruk die troue bederf het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa