TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Lesiba het ’n probleem om sy skeiding van Mmakoena te aanvaar, en Zodwa kry haar eerste kliënt. ’n Onverwagte besoeker vergoed vir die moeilikhei­d wat by Dumisani se partytjie veroorsaak is, en Karabelo maak die mense kwaad nadat sy haarself by Echelon inwurm. Die wenner van die tender vir die koffiewink­el word aangekondi­g, Lesiba moet ’n groot diefstal by Sakhizwe hanteer, en daar is slegte nuus vir Lwandle. Die manewales van Lola en minister Nozulu het ’n rampspoedi­ge nasleep, Masokisi sukkel om sy beloftes aan Mohau na te kom, die Nobengelas voer ’n verlore stryd met Vukani, en GK besef politiek is baie vuiler as wat sy gedink het. Masokisi en Tshiamo voer iets in die mou, en Lesiba word in ’n ongemaklik­e posisie betrap. Vukani het dapper idees, maar sukkel om sy ouers te oortuig om hom te ondersteun, en Lwandle konfrontee­r Karabelo oor Lesiba.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa