TV Plus (Afrikaans)

The Weakest Link With Romesh Ranganatha­n

-

Seisoen 1 BBC Brit (*120) 20:00 Speletjiep­rogram

TV se intimidere­ndste en mees strategies­e vasvrareek­s kry nuwe lewe wanneer die knorrige komediant Romesh Ranganatha­n sy plek as aanbieder inneem. Deelnemers kry 15 algemene vrae, wat algaande moeiliker word, en Romesh hou dié beroemdes aan die twyfel terwyl hy sarkasme uitdeel. Gaan die swakste spelers eerste waai, of eers die slimstes om ’n latere bedreiging te stuit?

“Daar’s agt beroemdes in elke episode en jy weet nie hoe mense in ’n mededingen­de situasie gaan reageer voor hulle daarin beland nie. Dit was nogal ’n verrassing om te sien hoe deelnemers reageer wanneer hulle ontsteld raak oor hulle nie so goed vaar soos hulle gehoop het nie. Dit was lekker om te sien hoe afgehaal party van hulle was toe hulle uitgestem is. Die probleem is hulle is op TV, dus wil hulle nie die masker laat afglip nie,” sê Romesh.

“Dis verstommen­d om te sien hoe mense onder die druk van The Weakest Link nie eenvoudige dinge in ’n foto kan identifise­er nie,” sê hy. “Ons het ’n foto uit die musiekblys­pel Cats aan ’n deelnemer gewys en ek het gevra: ‘Watter musiekblys­pel is dit?’ en die deelnemer het geantwoord ‘Lion King’. Cats is beroemd omdat almal in die blyspel ’n kat is, jy kan dus net na die foto kyk!”

Hy vertel: “Dis die eerste ding waarby ek betrokke is waaroor my vrou (Leesa) opreg opgewonde was. Dit het soos ’n seën en ’n vloek gevoel, want dis ’n eer om op daardie program te wees, en jy hoop net mense hou daarvan.”

 ?? ?? Romesh berei voor vir twyfelagti­ge antwoorde.
Romesh berei voor vir twyfelagti­ge antwoorde.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa