TV Plus (Afrikaans)

Arendsvlei

Ma.-Do. kykNET & Kie (*145) 19:30 Sepie

-

Janice (Crystal-Donna Roberts) se pligte as eienaar van ’n haarsalon en bestuurder van ’n restaurant in die telenovell­e Arendsvlei begin sy tol eis. “Dit gaan woes,” erken CrystalDon­na. “Janice vat skaars grond sedert haar broerskind, Debra (Kay Smith), die restaurant Mortlocks begin September aan Janice oorgedra het [voor Debra die sepie verlaat het]. Sy wil graag ’n sukses van die besigheid maak en haar salon behou.”

Wanneer Janice se man, Lionel (Jody Abrahams), dus die idee kry om met ’n gesin te begin, is Janice in ’n moeilike situasie en sy is geskok wanneer Lionel sê hy wil binnekort ’n baba hê.

“Lionel het een van sy vriende se nappy- braai (’n babapartyt­jie vir mans) bygewoon en besef as sy pel op hul ouderdom ’n baba kan kry, hoekom nie hy wat Lionel is nie? Hy het besef hy wil graag ’n baba by Janice hê, want al het hulle albei kinders uit hul vorige huwelike, het hulle nie saam ’n kind nie.”

Janice is nie te vinde vir die idee nie en dit veroorsaak wrywing in hul huwelik. “Sy verduideli­k aan hom sy het baie verantwoor­delikhede by Mortlocks en ’n baba sal hul lewe omvergooi. Hulle is ook heelwat ouer, wat dinge moeiliker maak,” sê Crystal-Donna.

Lionel hoor wat Janice sê en hoewel hy teleurgest­eld is omdat hulle nie saamstem daaroor nie, dink hy hy sal haar later kan oortuig. “Hy slaan ’n powerpoint- voorleggin­g aanmekaar en hoop dit sal Janice se oë oopmaak vir die blink toekoms wat hulle kan hê,” sê Jody.

• Lees meer op bl. 17.

 ?? ?? Janice is nie beïndruk met Lionel se skielike babaplanne nie.
Janice is nie beïndruk met Lionel se skielike babaplanne nie.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa