TV Plus (Afrikaans)

Private Eyes

Seisoen 5 Universal TV (*117) 20:00 Drama

-

Gevat, gefokus en snaaks is die beste beskrywing van Jules Shade (Jordyn Negri, Hanna in die kinderreek­s Dino Dan: Trek’s Adventures) in die prettige dramareeks Private Eyes. Indien jy haar nie onthou nie, Jules is die eksberoeps­hokkiespel­er en nou privaat speurder Matt Shade (Jason Priestley, Wayne in die komedieree­ks Raising Expectatio­ns) se dogter. Dit is Matt se werk om sake op te los saam met sy vennoot Angela Everett (Cindy Sampson, Nicole Keating in die dramareeks The Bold Type), maar wanneer Matt tuis is, geniet hy dit om tyd deur te bring met sy dogter, wat net soos hy is: ’n Bietjie van ’n heethoof met ’n goeie hart.

1 Jordyn het, soos haar karakter, sigproblem­e en sy dra reeds sedert sy 15 was kontaklens­e.

2 Die 21-jarige aktrise het haar vermaakloo­pbaan as ’n danser begin. Toe sy 13 jaar oud was, het sy haar fokus verander en ’n mededingen­de rasieleier geword, en daarna ’n aktrise.

3 Jordyn is ook ’n sanger en het in die koor gesing op die Kanadese kletsrymer Classified se 2013enkels­peler Inner Ninja.

4 Die Kanadese aktrise is deur Kanada se nasionale instituut vir blindes opgelei om seker te maak haar spel as Jules is outentiek. “Ek wil nie hê kykers moet dink ek laat nie reg geskied aan die karakter nie, of beledig siggestrem­des nie,” sê sy. Jordyn se stokperdji­es is lees, 5 fotografie en reis. Haar Instagram-blad is vol van reise na Italië, Portugal, Nashville, Tennessee, en Treasure Island, Florida.

 ?? ?? Matt (regs) help sy siggestrem­de dogter Jules (links).
Matt (regs) help sy siggestrem­de dogter Jules (links).
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa