TV Plus (Afrikaans)

Married To Medicine Atlanta

Seisoen 9 1Magic (*103) Ma.-Do. 19:00 Realiteit

-

Staan opsy, huisvroue! Die vroue in hierdie realiteitr­eeks is óf self dokters of die vrou van ’n besige dokter. Dr. Jacqueline Walters, dr. Simone Whitmore, dr. Heavenly Kimes, dr. Contessa Metcalfe, Toya Bush-Harris, Anila Sajja, en mej. Quad Webb keer almal terug en het spesiale projekte wat hulle besig hou:

Quad: Maak die deure van haar splinternu­we herehuis van multimiljo­endollar oop vir haar ma en haar 6-jarige nefie, waardeur sy huiswerk en tuiswerk by haar besige skedule voeg.

Heavenly: Open ’n winkel wat skoonheids­produkte verkoop, stuur ’n kind na die kollege, bestuur die familie se mediese praktyke . . . en maak op met haar vriendinne ná ’n paar onbesonne plasings op die sosiale media.

Simone: Het ’n nuwe besigheid en skryf ’n boek wat sy hoop ’n treffer sal wees, maar sy gaan uitvind dié proses is vol uitdagings.

Toya: Trek by ’n nuwe huis in terwyl haar droomhuis gebou word, maar haar huwelik is onder druk.

Contessa: Kry fiksheidsa­frigting in die aanloop tot ’n bikinilyf-kompetisie, maar sy tree terug van haar vriendinne om meer aandag aan haar sukkelende huwelik te gee.

Jacqueline: Met haar droomhuis gebou en ’n nuwe besigheid oorweeg sy dit om haar stetoskoop op te hang en ’n sakevrou te word, maar haar luukse leefstyl laat die skuld ophoop.

Anila: Haar huwelik is gesond en die droomhuis is gebou, maar wanneer die gesin se kinderoppa­sser weggaan, nooi sy haar ouers om daar te bly en die leemte te vul.

 ?? ?? Van links: Quad, Heavenly, Simone, Toya, Contessa, Jacqueline en Anila is terug!
Van links: Quad, Heavenly, Simone, Toya, Contessa, Jacqueline en Anila is terug!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa